‘n Britse Hindoe, Vivendra Sharma (foto) het uitgevaar teen die Chinese lugdiens Air China en hulle van “rassisme” beskuldig.
Air China het skynbaar hul passasiers gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle sekere gebiede in Engeland besoek waar etniese minderhede met donker velle woon.
Die raad, in Engels en Mandaryns, is deur ‘n Chinese joernalis raakgesien in ‘n tydskrif wat Air China op hul vliegtuie beskikbaar stel.
Volgens berigte is baie Britte woedend oor die beeld wat die lugdiens van Londen weergee.
Sharma, ‘n lid van die Arbeidersparty wat ‘n nie-wit distrik in Londen verteenwoordig, het Woensdag gesê dat hy het aan die ambassadeur van China in Brittanje geskryf, en eis ‘n verskoning vir die “blatante onwaarheid en rassistiese stellings”.
Haze Fan, ‘n produsent van CNBC, het ‘n foto getwiet van die tweetalige artikel van die tydskrif. Gebiede waar daar nie wittes woon nie, moet glo vermy word, het die tydskrif aanbeveel.
Die tydskrif berig dat Londen oor die algemeen veilig is, maar dat toeriste nie saans alleen moet uitgaan nie en vroue nie op hul eie moet reis nie.
Luidens die berig moet mense versigtig wees as hulle, soos dit gestel word, gebiede binnegaan wat hoofsaaklik deur Indiërs, Pakistani’s en swart mense bewoon word nie.
Air China het nie op die berigte gereageer nie.