Nuwe OB goedgekeur

Deel op

Die Nasionale Vergadering het die ontleder van die Staatsveiligheidsagentskap, Busisiwe Mkhwebane, as die nuwe Openbare Beskermer goedgekeur.

Die Vergadering het die adhoc-komitee se verslag oorweeg waarin Mkhwebane as die voorkeurkandidaat aangedui is om die uittredende Thuli Madonsela te vervang.

Al die partye behalwe die DA het ten gunste van haar gestem. Volgens die DA is sy ‘n “spioen van Suid-Afrika se geheimediens”.

Volgens die grondwet moes sy minstens 60 persent, oftewel 240, van die 400 stemme kry. ‘n Totaal van 263 lede het vir haar gestem, en slegs nege-en-sewentig teen haar.

Die uittredende Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, het ‘n beroep op haar opvolger Mkhwebane gedoen om haar deur die Grondwet en die oppergesag van die reg te laat lei.

Madonsela het ‘n toekenning in Pretoria ontvang terwyl die Nasionale Vergadering Mkhwebane se benoeming om haar pos oor te neem bekragtig het, en kon nie die geleentheid bywoon nie.

Madonsela sê formele gelukwensinge sal volg onmiddellik nadat President Jacob Zuma Mkhwebane se aanstellling bevestig het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.