Cosas steun brand van klaskamer deur swart Kaapse skoliere

Deel op

Die Congress of South African Students (Cosas) steun die betogings deur leerlinge van die Joe Slovo-skool in Khayelitsha wat reeds die skool gevandaliseer sodat dit tans tot stilstand gekom het. Leerlinge verwerp die skoolreëls oor laatkom, wat onder andere behels dat ‘n boete van R2 deur laatkommers betaal moet word.

Gister was die skool verlate (foto hier bo) nadat ‘n klaskamer aan die brand gesteek en onderwysers se motors beskadig is.

Volgens die provinsiale sekretaris van Cosas, Michael Malayo, beplan hulle om leerlinge van ander skole in Khayelitsha te vra om saam met Joe Slovo-leerlinge te betoog.

“Teen Vrydag (môre) wil ons al die leerlinge van die 21 skole (in die lokasie) gaan haal en na die LUR vir onderwys toe opruk,” sê hy.

Benewens die R2-boetes vir laatkommers, word die skoolhoof Majiet Parker, daarvan beskuldig dat hy lyfstraf toepas en boonop swanger meisies beboet.

Gister het leerlinge ‘n memorandum aan amptenare van die Wes-Kaapse onderwysdepartement oorhandig. Die betogende leerlinge wil hê dat Parker van die skool verwyder moet word.

Die skoolhoof ontken egter dat hy swanger meisies beboet, maar erken dat hy laatkommers met R2 elke beboet.

Gister was daar ‘n groot polisiemag by die skool nadat die klaskamer deur betogende leerlinge aan die brand gesteek is, asook motors van onderwysers beskadig is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.