Beroemde Afrikaanse tenoor oorlede

Deel op

Die beroemde Afrikaanse operasanger, Johan Botha is by sy huis in Wenen in Oostenryk oorlede.

Die sanger is net meer as ‘n jaar gelede met lewerkanker gediagnoseer.

Botha was kort voor sy dood in Suid-Afrika waar hy ‘n reeks konserte vir die Suid-Afrikaanse Kankervereniging sou hou. Die Gautengse konserte is egter weens sy gesondheid gekanselleer.

Die 51-jarige Botha was een van die voorste internasionale tenore en het in al die bekende operahuise in die wêreld opgetree.

As gevolg van sy ernstige siekte moes Botha op 28 April die “Turandot” première by die Weense Staatsopera kanselleer.

Botha het kort tevore “Otello” by die Salzburg Paasfees afgestel en kon nie sy rol as Siegmund in die “Die Walküre” in die Semperoperahuis volstaan nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.