Merkel waarsku dat linkses ‘hul woorde moet kies’ sodat regses nie steun wen nie

Deel op

Kanselier Angela Merkel het Woensdag haar regering se hantering van die vloed­golf migrante wat Duitsland verlede jaar binnegekom het, verdedig.

Sy het toegegee dat heelwat nog gedoen moet word en gewaarsku dat kommer, wat tot toenemende steun vir anti-immigrasie nasio­nalistiese partye gelei het, met erns bejeën moet word.

Merkel het gesê linkse partye moet hul taalgebruik en retoriek aanpas sodat regses nie ontstig word en stemme kry nie.

Sy het wetgewers in Berlyn meegedeel dat sedert verlede jaar dieselfde tyd toe sy hulle toegespreek het, Duitsland ’n “ver pad” gekom het om honderdduisende migrante te “integreer”.

Die Duitse media steek die ware toedrag van sake oor migrante-integrasie, aanvalle en verkragtings egter weg.

“Die situasie is aansienlik beter as verlede jaar, maar baie moet nog baie gedoen word,” het Merkel sonder ironie gesê.

Die afgelope naweek het Merkel se Christelike Demokratiese Unie (CDU) ’n vernederende derde plek behaal in verkiesings in Mecklenburg-Wes-Pomeranse, waar Merkel se parlementêre kiesafdeling geleë is.

Die nasionalistiese anti-­immigrasie Alternatief vir Duitsland (AfD) het die oorwinning behaal.

Dié deelstaat is die tuiste van enkele migrante, maar Merkel het ná die verkiesing erken dat die uitslae meer met nasionale as plaaslike kwessies te doen het.

Sy het die Bundestag, waar die AfD nie verteenwoordiging het nie, meegedeel dat die verkiesing ’n weerspieëling was van die “blou oog” wat “diegene wat op slagspreuke en die soeke na maklike oplossings staatmaak” toegedien het.

Sy het gewaarsku dat kiesers se kommer, hetsy gegrond of ongegrond, moet ernstig deur almal opgeneem word, omdat die AfD steun van al die hoofpartye afgerokkel het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.