Vrygewige Obama ontmoet ook vloekende Duterte in Laos

Deel op

President Barack Obama het wit-skuld-diplomasie en ‘n oop beursie probeer om Laos in Suid-Oos-Asië na Amerika se kant oor te wen, nadat dit by die G20-beraad geblyk het dat Rusland al hoe meer vriende in die streek maak.

Obama het die Viëtnam-oorlog gebruik – wat die VSA verloor het – om hulde aan die oorlewendes te bring wat vermink is deur meer as 80 miljoen onontplofde bomme wat Amerika dekades gelede op Laos afgegooi het.

Daarna het hy wit Amerikaners “lui”, “afgeslote” en “oningelig” genoem. Dit was duidelik dat hy nie homself ingesluit het in dié negatiewe kommentaar nie.

Hy het onderneem dat Amerika nagenoeg US$90 miljoen oor die volgende drie jaar sal bestee om te help om dit op te ruim.

Ongeveer 20 000 mense is sedert die einde van die oorlog in ontploffings van ou bomme dood of beseer.

‘n Halfeeu gelede het Amerika Laos die geskiedenis se mees gebombardeerde land gemaak, en nagenoeg 2 miljoen ton plofstof in ’n koverte nege jaar lange operasie van die Viëtnam-oorlog afgegooi.

Obama is die eerste Amerikaanse president om Laos te besoek.

Ondertussen het die Filippynse ­president, Rodrigo Duterte Obama kortliks ontmoet Woensdag, net enkele dae na die vuurvreter-politikus die Amerikaanse president ‘n “seun van ‘n hoer” genoem het.

Die ontmoeting het plaasgevind net voor ‘n ete tydens ‘n beraad van die plaaslike leiers in Laos, het amptenare aangedui.

In ‘n bondige verklaring, het die Withuis gesê: “Obama het ‘n kort gesprek met President Duterte voor die ASEAN gala-dinee gehad.”

Obama het Dinsdag se beplande vergadering met Duterte “afgestel” na die Filippynse president se belediging die vorige dag. Die Filippynse beurs het skerp gedaal daarna.

Sy uitbarsting was na aanleiding van Amerikaanse bewerings dat Obama beplan om Duterte oor die kole te haal omdat sy anti-misdaadveldtog reeds 3000 lewens geëis het in net meer as twee maande.

“Jy moet respek hê. Moet nie net weggooivrae vra en stellings maak nie. Seun van ‘n hoer, ek sal vir julle vervloek in daardie forum [ASEAN],” het Duterte aan verslaggewers gesê toe hy gevra is oor sy boodskap aan Obama.

Die twee lande bots oor satellietbeelde wat Chinese aktiwiteit aan die kus van die Filippyne toon.

Duterte se regering het gesê hulle het bewyse dat China stappe doen om met baggerwerk te begin, ‘n groot eskalasie.

Maar die Withuis sê die Chinese aktiwiteit in die gebied is op dieselfde vlak as die vorige maande.

Duterte het vroeër Woensdag in ‘n verklaring gesê hy sal langs Obama sit by die gala-dinee ten spyte daarvan dat hy Obama gevloek het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.