Withuisteenstanders mik vir die pylvak

Deel op

Die twee teenstanders in die wedloop om die Withuis, Hillary Clinton en Donald Trump, het die week afgeskop en met hul twee maande lange oorblywende resies voor die Amerikaanse presidentsverkiesing begin.

Die kandidate het Werkersdag, die tradisionele dag waarop die pylvak-wedloop begin, gebruik om hul argumente te stel waarom hulle die beste vir werkende klas Amerikaners sal wees.

Die Demokraat, Clinton, het voorgeloop in nasionale meningspeilings, en het aansienlik harder werk in sogenaamde swaai-state en ook heelwat meer geld as Trump vir haar veldtog uitgegee.

Die gewilde Republikeinse aanspraakmaker op die Withuis, Trump, wie se veldtog klaarblyklik nie stuit teen kritiek oor sy “kwetsende” retoriek nie, loop tans voor met 45% teenoor Hillary se 43%.

Die wedloop sal oor die volgende 63 dae al hoe feller raak.

Gerugte oor Clinton se gesondheid wil nie gaan lê nie. Een van haar swart veiligheidsbeamptes (bo) loop glo konstant naby haar met een of ander soort medikasie byderhand met ‘n blitstoedieningstoestel.

Clinton het onlangs veiligheidspersoneel wat snuffelhonde aanhou uit haar kantoor weggejaag. Skindertonge beweer dit is omdat sy dwelms gebruik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.