Noord-Korea treiter Japan met missieltoetse

Deel op

Noord-Korea het tydens die afsluiting van die G20-beraad in China, drie middelafstand-missiele afgevuur, wat ongeveer 1 000 kilometer getrek en naby Japan geland het.

Dit word beskou as ’n magsvertoon wat met die ekonomiese spitsberaad saamval.

Noord-Korea het die afgelope tyd ’n reeks missieltoetse uitgevoer, wat op die ou einde daarop gemik is om langafstand-kernmissiele te ontwikkel wat in staat is om Amerika te bereik.

Sulke toetse is redelik algemeen, veral met die internasionale aandag op Noordoos-Asië waar die G20-spitsberaad plaasvind.

China is Noord-Korea se enigste belangrike bondgenoot, maar betrekkinge tussen die buurlande is gespanne midde ’n reeks Noord-Koreaanse kern- en missieltoetse, wat deur baie as uitlokking beskou word.

Suid-Korea se gesamentlike stafhoofde sê die drie ballistiese missiele, waarskynlik almal Rodongs, is uit die dorp Hwangju in Noord-Korea afgevuur, voordat dit in die see geval het.

Hulle het die lanserings as “gewapende protes” bestempel wat daarop gemik is om Noord-Korea se militêre vermoë tydens die byeenkoms van die G-20 te demonstreer, dae voor die Noord-Koreaanse regering se 68ste herdenking.

Die drie missiele wat gister afgevuur is, het geval binne Japan se eksklusiewe ekonomiese sone, die 200 seemyl aflandige gebied waar ‘n land soewereine regte vir ontginning en benutting van hulpbronne het, het die ministerie van verdediging in Tokio gesê.

Die Japanse kabinetsekretaris, Yoshihide Suga, het die lanserings as “’n ernstige bedreiging” vir Japan se veiligheid bestempel en gesê Tokio het via Japan se ambassade in Beijing by Noord-Korea beswaar gemaak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.