Gaboen se president lag beskuldigings van skynverkiesing af

Deel op

Gaboen se pasverkose pres. Ali Bongo steur homself nie aan die betwiste verkiesingsuitslae nie, selfs nadat sy minister van justisie bedank het en die voormalige koloniale heerser, Frankryk, voorgestel het dat die stemme oorgetel word.

Die Franse eerste minister, Manuel Valls, het gesê dit is noodsaaklik om ’n duidelike verkiesingsproses te hê omdat “twyfel” bestaan.

Frankryk het sy stem by dié van die Europese Unie en Amerika gevoeg, wat reeds gevra het dat die volledige uitslae vir elke stempunt gepubliseer moet word.

Dit kom ure nadat die minister van justisie, Seraphin Moundounga, wat ook die adjunkpremier is, láát Maandag bedank het en geëis het dat die stemme oorgetel word.

Gaboen se herverkose president (foto, saam met sy vrou Sylvia) het internasionale oproepe verlede week afgelag, en gesê dit is ‘n kwessie vir die land se konstitusionele hof om te besluit.

Die Europese Unie het die geldigheid van die verkiesing bevraagteken. Frankryk is besonder gretig om ‘n nuwe president in die olieproduserende land aan te wys.

Op ‘n vraag gedurende ‘n onderhoud Woensdag of hy ‘n sal toelaat dat stemme weer getel word, het Bongo aan Frankryk se RTL-radio gesê: “Wat mense moet my vra om te doen, is om die wet toe te pas. Ek kan die wet nie oortree nie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.