OB-aanstelling: DA-potte wat ketels verwyt

Deel op

Die Nasionale Vergadering sal vandag besluit of hulle die aanbeveling aanvaar om die gewese ontleder van die Staatsveiligheidagentskap, Busisiwe Mkhwebane, as die nuwe Openbare Beskermer aan te stel.

Die verslag van die ad hoc-komitee oor die OB sal vandag aan die Nasionale Vergadering vir finale oorweging voorgelê word.

Al die partye, behalwe die DA, het bevestig dat hulle Mkhwebane se aanstelling steun. Die DA voer aan dat Mkhwebane ‘n spioen was en daarom nie geskik is vir die pos nie.

Dié beskuldiging kom hoofsaaklik van Glynnis Breytenbach wat voorheen deur die Nasionale Vervolgingsgesag self daarvan beskuldig is dat sy vir Israel spioeneer.

Die DA LP Breytenbach, het gesê dat Mkhwebane gewerk het as ‘n spioen terwyl sy as ‘n immigrasiebeampte aan die Suid-Afrikaanse ambassade in China verbonde was.

Die DA het gesê verskeie bronne het betroubaar aan hulle gesê dat Mkhwebane op die betaalstaat van die SSA was terwyl sy in China gewerk het.

Die ANC het in reaksie daarop gesê Mkhwebane het geen wet oortree deur in diens van die SSA te wees nie.

Die party sê ook regter Sharise Weiner (foto) het die beste gevaar in haar onderhoud.

Minstens 60 persent van die parlementslede, dit wil sê 240 van die 400 lede, moet ten gunste van Mkhebane stem om haar aanstelling te kan bekragtig deur president Jacob Zuma.

Weiner sê sy was as student ‘n stigterslid van Regslui vir Menseregte en het anti-apartheidsaktiviste “gratis” verdedig as advokaat.

Advokate soos Weiner is destyds deur die ANC-terreurfonds wat vanuit Londen, Brittanje bedryf is, betaal.

Sy het erken dat sy geen Afrikataal magtig is nie.

Die DA het ook professor Richard Majola vanweë sy ondervinding en kwalifikasie geloof, om kritiek teen hul voorkeur vir Weiner af te weer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.