Leeuteel: Jagters gebraai, maar stropers nie

Deel op

‘n Toerisme deskundige, Melville Saayman sê, om volhoubare toerisme en ekonomiese groei in Suid-Afrika te verseker, moet ‘n leeuteelprogram ontwikkel word.

Saayman het al voorheen oor die implikasies van die jag van leeus in gevangenskap gepraat.

Sekere vyandige nieregeringsorganisasies wil kwessies rakende die jag van sulke leeus en ander roofdiere vir kommersiële doeleindes by die 2016 Internasionale Unie van Natuurbewaring se World Conservation Congress wat tans aan die gang is in die VSA, aan die groot klok hang.

Die aktiviste het al groot skade aan Suider-Afrika se beeld as ‘n jag- en toersite bestemming berokken met histeriese veldtogte soos dié een van Cecil die leeu wat deur ‘n Amerikaanse tandarts in Zimbabwe geskiet is.

Die tandarts, Walter Palmer, word nou verantwoordelik gehou vir die uitroei van wildlewe oor die hele kontinent, waarskynlik omdat hy wit en welvarend is. Die aktiviste rep nie ‘n woord oor swart stropers (foto bo) nie, die werklike probleem.

Saayman sê ‘n duidelike onderskeid moet getref word tussen geblikte jag en die jag van diere in gevangenskap.

Die jongste verslag oor spesiegetalle in Suider-Afrika toon dat Suid-Afrika en Namibië die enigste twee lande is waar wild toeneem. Die res van Afrika ervaar hoë vlakke van stropery en ‘n afname in die aantal wilde diere.

Dit impliseer dat uit ‘n bewaringsoogpunt doen wild in Afrika oor die algemeen nie goed nie en een van die redes hiervoor is omdat jag, ook geblikte jag, groot waarde skep wat help met bewaring.

Maar anti-jag aktiviste glo dat fotografiese safari’s ‘n natuurlike en ‘n beter plaasvervanger sal wees.

Die werklikheid is dat dit nie maklik is om jagters met fotografiese toeriste te vervang nie omdat fotojagters baie minder bestee as jagters. Laasgenoemde vereis ook ‘n groot mate van vaardigheid, iets waaroor ‘n toeris met ‘n kamera nie beskik nie.

Kenia is ‘n goeie voorbeeld van waar ‘n verbod op jag totaal misluk het. In die 1970’s het Kenia olifantjag verbied nadat hul getalle afgeneem het. Dit het egter geen verskil gemaak aan die groot spelers in ivoorhandel nie.

Ivoor ervaar steeds so ‘n groot aanvraag dat amptenare maklik omgekoop kan word. Vandat die verbod in plek gestel is, word drie keer die aantal olifante geskiet of in strikke gevang, ‘n ramp vir bewaring en toerisme.

‘n Verbod op jag is nie die antwoord op die kwessies wat deur beide die anti-jagvoorstanders en sekere Britse bewaringsinstansies geopper word nie.

Daar is baie voorbeelde in Suid-Afrika wat bewys dat goed bestuurde jag ekonomiese voordele genereer asook bydra tot bewaring. Die gevaar is dat redelike argumente op dowe ore sal val.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.