By die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) is net ‘n ligte fladdering opgemerk toe student van die Wellington-kampus per ongeluk stempos op WhatsApp uitgestuur het na haar klasgroep wat bedoel was vir ‘n private gesprek.
In die stempos, gestuur op 22 Augustus, verwys sy na een van haar klasmaats as ‘n “kaffermeit”.
Sy is later in kennis gestel deur ‘n klasmaat dat sy die stemnota gestuur het na die verkeerde groep.
‘n Klasmaat het glo die SA Studente Kongres (Sasco) gekontak om ‘n klag in te dien.
Sasco het die Studente se Verteenwoordigende Raad genader, wat ‘n optog gereël het en studente gemobiliseer het “in die stryd teen rassisme”.
“Ons wou nie die meisie uitsonder nie, daarom het ons ‘n vreedsame optog beplan om die hele kampus se studente te verenig en bewustheid teen rassisme te kweek,” het SR-lid Athi Ndita gesê.
Die student, vermoedelik bruin, word tans aan ‘n dissiplinêre verhoor onderwerp.
SRC sekretaris Elsabe Westraat het gesê hulle is bewus van die voorval.
KSUT se woordvoerder Lauren Kansley het gesê die saak geniet aandag.