Noord-Kaap moet ‘rassisme’ beveg maar raadslede skuld meeste dienstegeld

Deel op

Raadslede en tradisionele leiers in die Noord-Kaap – wat juis verantwoordelik is om verbruikers te oortuig om hul munisipale rekeninge te betaal – skuld self duisende rande in dienstegeld.

Maar volgens die Instituut vir Versoening en Sosiale Geregtigheid, is “rassisme” eerder die probleem.

Samewerkende Regering en Tradisionele Sake Minister, Des van Rooyen, sê altesaam 53 raadslede van 13 sukkelende munisipaliteite in die provinsie skuld al vir langer as drie maande meer as R595 000.

Dit is veel meer as munisipaliteite in Gauteng. Al die munisipaliteite in dié provinsie het hul skuldprofiele by die nasionale departement verklaar, en 35 individue skuld munisipaliteite meer as R168 000.

Van Rooyen sê ingevolge die gedragskode vir raadslede mag hulle nie uitstaande skuld van ouer as drie maande hê nie.

Munisipaliteite is verantwoordelik vir afbetalingsooreenkomste met raadslede wat nie ná die 2016 Munisipale Verkiesing teruggekeer het nie.

Intussen het JC van der Merwe (foto) van die Instituut vir Versoening en Sosiale Geregtigheid verklaar dat “die waardigheid, gelykheid en vryheid” Noord-Kaap aandag moet kry.

Klaarblyklik is Van der Merwe nie so besorg oor wanbetaling en korrupsie in die provinsie nie.

Die Noord-Kaap is die vyfde provinsie waarin die Ahmed Kathrada en Nelson Mandela-stigting sy Anti-Racism Network South-Africa loods. ARNSA se bekendstelling is in Kimberley gehou.

Die doel van die netwerk is om “rassisme” aan te pak en swart Suid-Afrikaners aan te moedig om “rassediskriminasie” te beveg.

Van der Merwe sê die Anti-Racism Network sal in die Noordwes van stapel gestuur word teen die einde van hierdie maand. Dié provinsie kry ook kritiek vir grootskaalse korrupsie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.