Reeks bomaanvalle ruk Sirië

Deel op

‘n Reeks bomaanvalle het Sirië geruk, hoofsaaklik in gebiede onder beheer van die regering.

Die aanvalle kom te midde van gespanne onderhandelinge tussen Rusland en die VSA rakende Sirië tydens die G20-beraad en die Siriese regering se suksesse teen die inval van ISIS.

Van die minstens 48 mense wat dood is, was minstens 35 in pres. Bashar al-Assad se kusvesting, Tarsus, het die staatsmedia berig.

Die stad is ook die tuiste van ’n Russiese vlootbasis.

Die Islamitiese Staat-groep (ISIS) het aanspreeklikheid vir een van die aanvalle teen ’n Koerdiese veiligheidspos in Hasakeh aanvaar, maar niemand het nog verantwoordelikheid vir aanvalle in Tarsus, die regeringsbeheerde stad, Homs, en ’n weermagdeursoekpunt op ’n pad buite Damaskus aanvaar nie.

Gerugte dat Saudi-Arabië verantwoordelik is, is geopper aangesien Turkye hul eis dat die Siriese president moet afstap van sy pos, laat vaar het.

Die VSA en Rusland kon nie ‘n skietstakingooreenkoms vir Sirië bereik by die G20-beraad in China nie weens “gapings” in die gesprek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.