Obama dreig met kuberoorlog na China, Rusland skroewe aandraai by G20

By die G20-beraad in China het president Obama gedreig om ‘n kuberoorlog teen Rusland te loods en gesê: “Kyk, ons beweeg in ‘n nuwe era hier waar ‘n aantal lande ‘n groot kapasiteit het. En eerlik, ons het meer kapasiteit as enigiemand, beide aanvallend en verdedigend.”

Die kil betrekkinge tussen die VSA aan die een kant en Rusland en China aan die ander, was duidelik uit die ontmoeting tussen die onderskeie staatshoofde (foto bo) by die beraad in Hangzhou.

Die kommentaar van Obama bestaan nie in ‘n vakuum nie, met die Withuis wat ‘n federale ondersoek na “Russiese inmenging” in die 2016 presidensiële veldtog van stapel gestuur het na aanleiding van ‘n brief deur Senator Harry Reid aan die FBI se Direkteur James Comey.

Daarin beweer Reid dat Poetin verkiesingsuitslae tot voordeel van Donald Trump kan manipuleer wat hy as ‘n “verraderlike agent van Rusland” in drie uit vyf paragrawe skets.

Die Chinese weermag het intussen aangekondig dat hulle Siriese soldate van die mediese dienste sal voorsien om Rusland by te staan.

Maar almal verstaan ​​dat hierdie ooreenkoms en Chinese toetrede die magsbalans in die Midde-Ooste teen die Obama-administrasie gelaai het.

Vir die afgelope vier jaar, is die helfte van die militêre dokters in Sirië opgelei in China, alhoewel die Volksrepubliek van China voorheen geweier het om betrokke te raak in enige vorm van samewerking wat deur Washington as militêre hulp geïnterpreteer kan word.

Rusland het voorheen ‘n identiese ooreenkoms met Sirië aan die begin van 2012 aangegaan, maar militêre hulp is drie en ‘n half jaar later goedgekeur.

Kennelik het die ooreenkoms ‘n Amerikaanse vrees aangewakker dat China ook binnekort militêr in Sirië sal toetree.

Afrika is intussen hoog op die beraad se ontwikkelingsagenda geplaas na druk deur China.

Een van die konsepresolusies deur leiers van die voorste nywerheidslande wat in Hangzhou was instemming tot samewerking om ekonomiese groei in Afrika te bevorder.

Die Chinese president, Xi JinPing, het deur middel van ‘n tolk gesê Afrikabevolkings sal bevoordeel word deur inklusiewe groei.

Nie-Westers leiers wat die beraad van die G20-lande bygewoon het wat pas in China te einde geloop het, eis die hervorming van die wêreld se leningsinstellings soos die Internasionale Fonds en die Wêreldbank.

Hulle eis dat die IMF sy kwota en stemreg herverdeel sodat dit ‘n regverdige weerspieëling is van die status van opkomende markte en ontwikkelende lande.

Xi JingPing het deur ‘n tolk gesê finansiële instellings behoort sensitief te wees teenoor armer lande.

‘n Aksieplan op die Agenda vir Volhoubare Ontwikkeling vir 2030 is aanvaar en dit is die eerste keer dat die G20 as ‘n groep hul steun toesê aan nywerheidsontwikkeling in Afrika en alle ander ontwikkelende lande.

Die leiers van die sterk nywerheidslande het ook onderneem om handelbeperkings te verwyder en die wêreldekonomie op ‘n groeipad te plaas.

Die IMF het die wêreldgroei vir die jaar tot net bokant drie persent aangepas en vir aanstaande jaar tot tussen drie en vier persent.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Pale male

    Is ek al ou wat so dink, of kan mens die verskil in krag en integriteit op hierdie foto sien? Obama lyk klein – dis asof hy besef hy is in ou met ruggraat se geselskap…

    • Johan

      Obama se staar (oë) in vergelyking met Putin!
      Die krag in Putin se uitdrukking wys wie die botoon in hierdie sessie voer.