Joost soek dringend geld uit vermoorde prokureur se trustfonds

Deel op

Die sukkelende voormalige Springbok-rugbyspeler Joost van der Westhuizen soek dringend sy geld wat in die trustrekening van sy voormalige prokureur Robert Klinkenberg is.

Van der Westhuizen sal in die Gautengse Hooggeregshof, in Pretoria, volgende Dinsdag in ‘n poging aanwend om die meer as R380 000 wat hy beweer hy geskuld word, terug te kry.

Van der Westhuizen, wat ly aan motorneuronsiekte, het in hofstukke aangevoer dat hy afhanklik is van die geld om rekeninge en medikasie te betaal.

Hy het ook gesê dit is ‘n bekende feit dat stresvolle situasies ‘n nadelige uitwerking op ‘n persoon het wat ly aan motorneuronsiekte, wat negatiewe implikasies op sy lewe kon gehad het.

Volgens Van der Westhuizen, het hy van tyd tot tyd geld ontvang uit die trustrekening van Klinkenberg vir sy behoeftes.

Klinkenberg is dood aangetref in Desember verlede jaar in Magaliesberg. Sy lyk is naby sy Porsche gevind met een skietwond.

Klinkenberg (46), ‘n bekende prokureur in Roodepoort in Gauteng, se dood word nou as ‘n moordsaak ondersoek.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê die uitslae van die nadoodse ondersoek het die polisie uiteindelik genoop om die geregtelike doodsondersoek na dié van ‘n moordsaak te verander.

“Ons kan in dié stadium nie meer hieroor uitwei nie aangesien die ondersoek steeds aan die gang is,” het Ernst gesê.

Ernst sê die ondersoek na Klinkenberg se dood vorder, maar geen nuwe inligting is tans beskikbaar nie. Daar is ook nog niemand in hegtenis geneem nie.

Klinkenberg, wat ook jare lank Joost van der Westhuizen se regsverteenwoordiger was, se maatskappy, Klinkenberg Inc., het intussen finaal sy deure gesluit. Alle sake wat deur die maatskappy hanteer is ten tyde van Klinkenberg se dood is deur die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies oorgeneem.

Die eertydse rugbyspeler kan tans glo nog net sy oë beweeg. Dit is nie seker of hy self sal kan verskyn nie, het sy regsverteenwoordiger gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.