‘n Wit pa van Durban, Gary Mackay (foto), is dood toe hy probeer het om sy vrou en twee kinders by hul huis Duncanweg, Westville, Saterdag teen swart aanvallers te beskerm.
Drie swart indringers het hom in sy maag geskiet, en daarna die huis besteel voordat hulle gevlug het met die buit.
Die 35-jarige webbestuurder het geluide in sy huis gehoor omstreeks 04:00. Hy het gaan kyk wat aangaan onder. Hy is gekonfronteer deur die drie gewapende aanvallers en ná ‘n stryd, is hy geskiet.
Sy vrou en sy twee kinders, tussen die ouderdomme 19 maande en vier jaar, was wakker en op die boonste verdieping van die huis.
Na hulle Mackay doodgeskiet het, het die misdadigers op hul gemak voortgegaan om goedere te steel uit die huis.
Sy skoonpa, Orlando Pereira, het gesê almal is geskok, ook deur die aanvallers se koelbloedigheid.
“Mense is nie veilig in hul huise nie. Die mans wat dit gedoen het, het nie eens enige berou nie en het doodluiters [na hulle Gary doodgeskiet het] by die trappe opgegaan om besittings van my dogter te neem,” het hy gesê.
Hy sê die woonsbuurt het baie onveilig geword. Verlede jaar is twee huisaanvalle geregistreer, terwyl daar reeds nege aanvalle hierdie jaar was.