Suid-Afrika, die land van moord en doodslag

Deel op

Moorde in Suid-Afrika het die afgelope finansiële jaar met bykans vyf persent toegeneem.

Die minister van Polisie, Nathi Nhleko sê daar is ‘n geringe afname in ander misdaad, maar moes erken dat geweldsmisdaad nie afgeneem het nie. Hy sê dit is ‘n aanklag teen die innerlike krag van die gemeenskap.

Die misdaadsyfers vir die tydperk tussen 1 April verlede jaar en die einde van Maart vanjaar is Vrydag in die parlement bekendgemaak.

Volgens die statistiek het poging tot moord met sowat drie en ‘n half persent toegeneem, terwyl aanranding met die doel om ernstig te beseer ‘n effense toename getoon het.

Generaal-majoor Norman Sekhukune sê dit is duidelik dat kontakmisdaad die grootste uitdaging vir die polisie is.

Die publiek het die afgelope boekjaar een komma sewe miljoen aanklagte by die polisie gelê.

Misdade soos moord, poging tot moord en roof het effens in drie van die nege provinsies afgeneem, maar nie in die ander ses nie.

In Gauteng, Limpopo, Mpumalnga, Noordwes, die Noord-Kaap en die Wes-Kaap het geweld toegeneem.

Sekhukune het daarop gewys dat alkoholmisbruik by die meeste misdade betrokke is.

Sekhukhune sê voorts betogings is besig om toenemend gewelddadig te raak. ‘n Yslike 3542 betogings is die afgelope jaar aangemeld.

Vreedsame betogings het met byna 56% verminder, terwyl onluste tydens betogings met meer as 10% vermeerder het.

In Pongola het die minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula gesê die weermag se grensbeheervermoë is onder druk weens begrotingstekorte.

Sy het op besoek in die noorde van KwaZulu-Natal gesê daar is tans vyftien militêre eenhede wat die grense beheer teenoor 22 eenhede wat verkieslik is.

Minstens agtien staatsvoertuie is vanjaar slegs in die noorde van KwaZulu-Natal gekaap en vermoedelik in buurlande verkoop.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.