Trump: Plan om muur tussen VSA en Mexiko met dwelmgeld te finansier

Deel op

Die Republikeinse Party se presidentskandidaat, Donald Trump, het Woensdag in Phoenix, Arizona, in ‘n brander van ‘n toespraak belowe dat onwettige immigrante uit Mexiko se dae getel is want die VSA gaan ‘n muur bou met dwelmgeld.

“Ons gaan ‘n muur bou en Mexiko gaan daarvoor betaal!” het hy onder luide toejuiging gesê.

Trump het gesê die 11 miljoen mense wat onwettig in Amerika is, gaan teruggestuur word na waar hulle vandaan kom.

Ure nadat hy die Mexikaanse president, Enrique Peña Nieto, ontmoet het, het Trump gesê: “Ons sal ’n groot muur op die suidelike grens bou. En Mexiko sal daarvoor betaal, 100%. Hulle weet dit nog nie, maar hulle gaan vir daardie muur betaal.”

Die Republikeinse kandidaat het hom soos ‘n waardige president gedra en hy is met grasie deur die Mexikaanse president ontvang soos ‘n ware leier.

‘n Professor in joernalistiek, professor Carlos Bravo Regidor het beaam dat Trump soos ‘n leier opgetree het. “Hy was rustig, ferm, presidensieel.”

“Ons vernedering is nou totaal,” het ‘n Mexikaanse televisiejoernalis van Televisa getwiet.

Nieto het later getwiet: “Aan die begin van die gesprek met Donald Trump het ek dit duidelik gemaak dat Mexiko nie vir die muur gaan betaal nie.”

Die Mexikaanse president Peña Nieto het vroeër op ’n mediakonferensie saam met Trump egter gesê hy steun die Amerikaanse kandidaat se stryd teen oorgrensmisdaad.

Trumpveldtogbestuurders sê die plan is dat die onwettige dwelmkartels gaan betaal vir die muur.

Bronne na aan beide die Mexikaanse regering en die Trumpveldtog het bevestig dat hierdie voorstel voorgelê is, maar hulle wil anoniem bly, gegewe die voorlopige aard van die gesprekke.

Volgens die jaarlikse oudit van die Amerikaanse Departement van Justisie vir die boekjaar vir 2015, beloop die bates van die kartels waarop beslag gelê is reeds byna $9 miljard, en dit sluit nie die bates in wat deur die Mexikaanse regering gekonfiskeer is nie.

In sy toespraak in Phoenix het Trump gesê die stryd teen onwettige immigrante in Amerika sal afskop om dié wat ernstige misdade gepleeg het, so gou as moontlik te uit die VSA te sit.

Hy sê hy ‘n spesiale deportasie-taakmag moet misdadigers identifiseer wat gedeporteer kan word.

Nieto se besluit om Trump te nooi om die muur te bespreek is met ontsteltenis deur die Demokrate begroet en met groot vreugde deur Nieto se politieke vyande tuis.

Nieto het Hillary Clinton, die Demokratiese Party se presidentskandidaat, ook uitgenooi om sy land te besoek. Dit is nie bekend of sy die uitnodiging aanvaar het nie.

Mexikaanse opposisielede sê Nieto is deur Trump, die land se grootste vyand, vir propaganda misbruik en sy uitnodiging was ‘n “monumentale fout” omdat dit die Amerikaanse kandidaat se posisie verder verstewig het.

In ‘n 2012-skatting wat saamgestel is deur die RAND Corporation op versoek van die Withuis, is bevind dat Amerikaners gemiddeld $100 miljard jaarliks op die vier mees verhandelde onwettige dwelms spandeer: crack/kokaïen, heroïen, dagga, en methamphetamien (meth).

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.