Geweld breek in Gaboen uit na Bongo wen

Deel op

Gaboen se presidensiële wag het in die nag die opposisieparty se hoofkantoor aangeval. Minstens een persoon het omgekom en minstens 20 is beseer, het opposisiewoordvoerders gesê.

Dit volg na betogings teen die herverkiesing van die Sentraal-Afrika-land se president en waar ‘n duidend mense reeds aangehou word.

Pres. Ali Bongo Ondimba het die opposisie-kandidaat met ‘n klein meerderheid verslaan en daardeur die tafel vir die onluste gedek.

Bongo het met 49,8 persent van die stemme teenoor Ping se 48,2 persent geseëvier. Die grondwetlike hof moet die voorlopige uitslae nog finaliseer.

Die aanval deur soldate in groet barette, wat hulle as lede van die presidensiële wag geïdentifiseer het, het omstreeks 01:00 Donderdag plaasgevind. Ping was nie ten tyde van die aanval in die kompleks nie.

‘n Inwoner sê regeringsmagte het ook die RTN-opposisie se radio- en televisiestasie aangeval.

Voor die aanval het die polisie traangas na honderde opposisiebetogers in die hoofstad, Libreville, afgevuur. Die betogers het op hul beurt motors en rommel voor die Nasionale Vergadering aan die brand gesteek.

Ooggetuies sê betogers in verskeie distrikte het ‘n inkoopsentrum gevandaliseer, ‘n bank beroof en geboue aan die brand gesteek.

Onluste en plundery het ook voorgekom nadat Bongo tydens vorige verkiesings in 2009, ná die dood van sy pa, Omar Bongo, aan bewind gekom het.

Waarnemers van die Europese Unie het die gebrek aan deursigtigheid met verkiesingsuitslae gekritiseer.

Hulle het in ‘n verklaring ‘n beroep op Gaboen gedoen om die volledige uitslae vir elke stempunt te publiseer en alle rolspelers gemaan om te help om die vrede te bewaar.

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Ban Ki-moon, het politieke leiers en hul ondersteuners aangeraai om hulle te weerhou van verdere dade wat vrede en stabiliteit in die land kan ondermyn.

In Suid-Afrika het minstens 400 Gaboenese burgers by die Franse Konsulaat in Kaapstad Donderdag betoog oor die betwiste verkiesingsuitslae.

Die betogers het baniere opgehou terwyl hulle die volkslied van hul land gesing het.

Hulle beweer dat die regerende party stemme ten gunste van Bongo gemanipuleer het.

Die Bongo’s, een familie, klou nou al aan die Wes-Afrika-land se leierspos vir byna vyf dekades. Ali Bongo het oorgeneem by sy pa, Omar Bongo, in 2009 ná sy dood.

Daar word vermoed dat Jean Ping, die werklike verkose president van die land is na verkiesingsbedrog.

Die bevolkingsgetalle van Haut-Ogooué-streek is op Wikipedia vyf of ses keer aangepas gedurende die aanloop tot die verkiesing, met President Bongo wat met meer as 99% van die stemme gewen het.

Dit beteken dat die hele bevolking ouer as 18 jaar en stemgeregtig is, het een ontleder gesê.

Frankryk is besonder gretig dat Bongo die leisels aan Ping, ‘n half-Chinees, oorhandig. Parys het ‘n beroep op Bongo gedoen om af te stap omdat hulle voel dat China te veel van ‘n invloed oor Gaboen deur omkoopgeld verkry het.

Ping is ‘n gewese swaer van Bongo wat met sy suster getroud was. Hy is dus goed bekend met hoe die vurk in die hef steek in die Bongo-binnekring. Frankryk het Ping se verskiesingsveldtog in hul voormalige kolonie bestuur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.