Daar is min hoop dat misdaad afgeneem het tot in Maart vanjaar, want verlede jaar het sestien van die 26 misdaadkategorieë stygings getoon. Dit sluit moord, kaping en huisroof in.
Die minister van Polisie, Nathi Nhleko maak vandag die jongste misdaadsyfers bekend vir die tydperk tussen April 2015 en die einde van Maart vanjaar.
Nhleko sal die syfers bekendmaak aan die polisie se oorsigkomitee in die parlement.
Roof met verswarende omstandighede het die skerpste gestyg en ‘n toename van meer as tienduisend huisrooftogte is aangeteken verlede jaar.
Die moontlikheid dat die misdaadsyfers in die jongste verslagperiode gedaal het, is daarom onwaarskynlik.
Voorvalle van moord het met 4.6% tussen 2014 en 2015 gestyg, terwyl roof met verswarende omstandighede met meer as 8% toegeneem het.
Die misdaadstatistieke word nooit in perspektief gestel nie en die etniese komponent word doelbewus verberg om die ware gesig van misdaad teen blankes wat slagoffers is, weg te steek.