ANC probeer batebestuurders kalmeer na hul politieke inmenging

Deel op

Die Minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown sê die regering voer samesprekings met beleggers en batesbestuurders om hulle te verseker dat Eskom en Transnet betroubare maatskappye is om voor geld te leen.

Dit is in reaksie op twee batebestuurders, Futuregrowth en die Deense bank, Jyske se besluit om weens politieke inmenging nie meer lenings aan staatsbeheerde maatskappye toe te staan nie, het RSG berig.

Sy het verbaas gereageer op aankondigings wat impliseer dat batebestuurders nie meer gesjarmeer word deur praatjies oor swart bemagtiging nie.

Die betrokke maatskappye is Eskom, Transnet, SANRAL, die Landbank, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie en die Onwikkelingsbank van Suidelike Afrika.

Brown erken dat die inkomste van staatsbeheerde maatskappye negatief geraak sal word. Sy het die batebestuurders se besluite as kommerwekkend bestempel.

Ekonome is eweneens bekommerd oor die verwikkelinge.

Dawie Roodt het vroeër gesê die besluit kan veroorsaak dat die land se kredietgradering negatief aangepas word. Hy sê dit kan `n stormloop veroorsaak wat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan in `n moeilike posisie kan plaas.

Lumkile Mondi sê die land kan `n stadium bereik waar hy nie meer sy skuld sal kan betaal nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.