Bob ontplooi onlus-polisie

Deel op

Organiseerders van onlangse betogings in Zimbabwe het Woensdag aangekondig dat alle ondernemings gesluit sal wees, maar winkels en kantore was wel oop.

Vragmotors met onlustepolisie gelaai was aan diens en die verkeer was vir die tweede agtereenvolgende dag lig in Bulawayo, waar anti-regeringsbetogings vir later die dag beplan is.

“Min mense het hul ware op die sypaadjies verkoop en min sake is gedoen,” het Zivanai Muzorodzi, ’n aktivis in die suidoostelike dorp Masvingo gesê.

“Ek dink daar is vrees onder die mense en hulle voel veiliger om die situasie van ’n afstand dop te hou.”

Saterdag het Mugabe onderneem om ’n einde aan die betogings te maak wat die afgelope maande aan die orde van die dag was terwyl Zimbabwe se ekonomiese krisis vererger het en die regering gesukkel het om staatsamp­tenare en die weermag se salarisse te betaal.

Verlede week het die polisie minstens 70 mense in hegtenis geneem, insluitende Promise Mkwananzi, die leier van die Tajamuka-protesveldtog, toe straatbetogings in Harare gehou is om hervormings voor die 2018-­verkiesings te eis.

Mugabe (92), wat sedert 1980 aan bewind is, het reeds aangedui dat hy weer as presidentskandidaat sal staan.

Hy het voorheen enige dislojaliteit teenoor sy outoritêre bewind onderdruk. Bespiegelinge oor wie hom sal opvolg, midde toenemende tekens van swak gesondheid, is aan die orde van die dag.

Mkwananzi is Maandag borgtog geweier.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.