May moet ernstige Brexit-verdeeldheid besweer

Deel op

Die Britse eerste minister, Theresa May, het Woensdag haar senior ministers vir hul eerste gesprekke sedert die somervakansie oor Brittanje se uittrede uit die Europese Unie (EU) ontbied.

Dit kom te midde van berigte oor ernstige verdeeldheid wat die pad vorentoe betref.

Die minister van finansies, Philip Hammond, wil glo hê Brittanje moet ‘n ooreenkoms bereik om in die enkele EU-mark aan te bly.

Daar is ook verwarring oor die verantwoordelikhede van verskillende regeringsdepartemente in enige onderhandelinge met Brussel.

Die kabinetsvergadering by Chequers, noordwes van Londen, het ook ‘n dinkskrumsessie oor onderhandelingstaktiek met Brussel en sleuteloogmerke ingesluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.