MIV-Vigslyers kry van vandag dadelik behandeling

Deel op

Suid-Afrikaners met MIV begin van vandag af met behandeling sodra hulle gediagnoseer is.

Die behandeling hang nie meer af van hul CD-4 telling nie.

Dit is in ooreenstemming met die Wêreldgesondheidsorganisasie se nuwe MIV-riglyne wat bepaal dat pasiënte dadelik behandeling moet kry sodra daar vasgestel is dat hulle die siekte het.

Vroeër is pasiënte eers behandel nadat hul CD-4 telling laer as 500 gedaal het. Suid-Afrika het die wêreld se grootste program vir die behandeling van MIV met meer as drie miljoen mense.

Die adjunk-direkteur vir MIV/Vigs by die Departement van Gesondheid, dokter Yogan Pillay sê die land kan nie bekostig om pasiënte nié te behandel nié.

Hy sê een van die stappe wat geneem word, is om stabiele pasiënte na ondersteunersgroepe oor te dra waar hul medikasie by hulle afgelewer sal word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.