Drie wat veiligheidswag met water spuit vandag verhoor

Deel op

Drie wit studente van die Universiteit van die Vrystaat sal na verwagting vandag dissiplinêr verhoor word ná ‘n voorval met ‘n veiligheidswag Mmapaseka Mokhutli (foto) op die 16de Augustus.

Cosatu het die voorval skerp veroordeel en die aanval as “rassisties” beskryf.

Die drie studente het na bewering vloeistof uit ‘n blou bottel na die veiligheidswag gespuit by een van die Universiteit se hekke.

Rasbyters beweer die vloeistof was “urine”, terwyl die wag dit nie kon bevestig nie.

Volgens die UV se Lacea Loader het die drie wit studente nie hulle studentekaarte by hulle gehad toe hulle uit die kampus wou gaan nie.

Hulle is teruggestuur na die koshuis om hulle studentekaarte te kry.

Geslotekringbeeldmateriaal toon glo hoe die passasier vloeistof in die rigting van die wag spuit en die drie lag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.