Die Dagga-party se aansoek om die verbod op dagga ongrondwetlik te verklaar is Woensdag in die Wes-Kaap se Hooggeregshof tot Desember uitgestel.
Die uitstel is aangevra om die Staat tyd te gun om ‘n verslag oor die huidige daggabeleid in Suid-Afrika te bestudeer.
Daggaroker Garreth Prince (foto) sê die party bevraagteken die grondwetlikheid van die Wet op Narkotika. Prince het reeds ‘n vorige Grondwethofaansoek verloor.
Hy sê die aansoek handel nie daaroor of die dwelm skadelik is of nie, maar oor vryheid van keuse.
Prince sê alkohol en tabak is ook skadelik, maar word nie gekriminaliseer nie.
Die saak sal die 13de Desember hervat.