Vuurwapen in Brandfort-plaasaanval soek

Deel op

Die Valke in die Vrystaat is steeds op soek na ‘n vuurwapen wat gebruik is deur vier vermeende swart plaasaanvallers naby Brandfort Maandag.

‘n Woordvoerder van die Valke, S’fiso Nyakane, sê hulle het hul soektog na ‘n dam naby die veld waar die aanval plaasgevind het, uitgebrei.

Charl Gutter is aangeval op sy plaas deur die vier swart verdagtes omstreeks 07:00 toe hy op die punt was om te vertrek van sy plaas.

‘n Worsteling het uitgebreek en een van die verdagtes het na bewering skote afgevuur op Gutter. Hy het teruggeskiet en een gewond in die rug.

Die beseerde aanvaller, Saniboy Segalo, het later gesterf in ‘n ambulans op pad na die hospitaal.

Nyakane sê Teboho Francis, Tefo Tlhabo en Tsietsi Rampa het vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en poging tot roof.

Hy sê hulle sal formeel om borgtog aansoek doen op 7 September.

Hulle bly in aanhouding.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.