‘n Miljard se vrugtelose uitgawes in Noordwes

Deel op

Die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge in Noordwes is bekommerd oor die stand van die provinsie se finansiële sake.

Dit, volgens komiteevoorsitter, Mahlakeng Mahlakeng. Dit blyk uit die jongste verslag van die ouditeur-generaal dat daar R2 miljard se onreëlmatige uitgawes in die 2014/15-boekjaar was.

Noordwes is, na wat berig word, die provinsie met die meeste onreëlmatige uitgawes in die land.

Volgens Mahlakeng is daar reeds aanduidings dat daar ’n verdere R1 miljard se vrugtelose uitgawes vir die 2015/16-boekjaar gaan wees.

Mahlakeng sê alle plaaslike regeringsdepartemente sal eersdaags voor die komitee verskyn om rekenskap van hul finansies te gee.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.