WHO hou noodvergadering oor Zika

Deel op

Reuters berig dat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) Dinsdag aangekondig het dat sy nood­komitee oor Zika vandag sal ver­gader.

Die vergadering sal gehou word om die uitbreking se ewolusie en neurologiese defekte wat met die muskiet-oordraagbare virus gepaard gaan, te bespreek.

Die paneel van onafhanklike deskundiges onder leiding van dr. David Heymann, het laas op 14 Junie byeengekom en vergader elke drie maande om vordering in die stryd teen die siekte te hersien.

Heymann is tans professor in Epidemiologie by die London School of Hygiene & Tropical Medicine, hoof van die Sentrum vir Gesondheidssekuriteit by Chatham House in Londen en voorsitter van Openbare Gesondheid vir die Verenigde Koninkryk.

Hy het ook nóú saamgewerk met US Centers for Disease Control and Prevention (CDC) in die VSA na die uitbreking van Ebola in Afrika.

Die Zika-uitbreking het verlede jaar in Brasilië begin en sedertdien oor die Amerikas versprei.

Singapoer het Maandag bevestig dat 15 nuwe gevalle van die siekte aangemeld is, wat die totaal op 82 gevalle in die land te staan bring.

Suid-Korea, Taiwan en Australië het intussen reiswaarskuwings uitgereik om swanger vroue en ander oor die situasie in Singapoer in te lig.

Die meeste mense wat Zika opdoen, toon geen simptome nie wat dit makliker maak om talle ander aan te steek voordat nie virus ontdek word.

Werkers in Singapoer se koors word tans twee maal per dag gemeet, hulle moet vitamien C drink en muskietweerder gebruik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.