Franse skynregse kandidate maak bohaai oor boerkini

Deel op

Die veldtog om ‘n skynregse kandidaat vir Frankryk se presidentsverkiesing te kies, het tot ‘n woordestryd tussen oudpres. Nicolas Sarkozy (foto) en sy hoofopponent, Alain Juppe, oor die verbod op boerkini-swemdrag gelei.

Die vonke tussen die twee kandidate vir November se skynregse voorverkiesing volg nadat ver­skeie Franse burgemeesters besluit het om ‘n bevel te veront­agsaam wat Vrydag deur Frankryk se hoogste administratiewe hof uit­gereik is.

Ingevolge die bevel word die verbod op boerkini’s opgehef.

Sarkozy, wat van 2007 tot 2012 president was, probeer om die gewilde Marine Le Pen te ontsetel as die regse kandidaat met die boerkini-sage.

Hy het gesê Frankryk het die reg om sy sekulêre lewenswyse te beskerm.

“Ons wil geen uiterlike tekens in ons land hê wat daarop dui dat ’n persoon tot ’n sekere geloof behoort nie,” het hy die naweek gesê. Maar Joodse mans, waaronder Sarkozy self, dra openlik ‘n hoofbedekking.

Juppe, ’n voormalige eerste minister wat volgens meningspeilings Frank­ryk se gewildste politikus is, het op sy beurt gesê hy wil eerder mense verenig pleks van die vuur verder stook.

Juppe het dit egter nie gewaag om na Sarkozy se hoofbedekking te verwys nie.

Le Pen het vroeër Sarkozy se pogings afgelag en gesê hy word net gemotiveer deur persoonlike ambisie en beskik oor geen enkele oortuiging nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.