UP se SR-lid wat dreig om wittes uit te wis steeds nie geskors nie

Deel op

Die Universiteit van Pretoria gaan ‘n ondersoek loods nadat ‘n SR-lid Luvuyo Menziwa op ‘n Facebook geskryf het dat hy alle blankes wil uitwis.

Die EFF-lid het kommentaar gelewer op sy persoonlike Facebook-blad in reaksie op die Afrohaarherrie by die Pretoria High School for Girls.

Menziwa skryf onder meer dat hy witmense haat vir hulle “voorregte”, “oorheersing”, “arrogansie” en “beheer oor die ekonomie”.

“Reasons I hate white people: white privilege, white dominance, white arrogance, white monopoly capital and white superiority. Fuck white people, just get me a bazooka or AK47 so I can do the right thing and kill these demon possed [sic] humans.”

Die universiteit se woordvoerder Anna-Retha Bouwer sê die dreigemente sal kragtens die UP se dissiplinêre en gedragskode vir studente en die SR ondersoek word.

Bouwer sê die universiteit veroordeel haatspraak en geweldsdreigemente. Hy word tans vir rassisme en haatspraak ondersoek.

Menziwa is egter nog steeds nie uit die SR geskors nie, alhoewel sy uitlatings ‘n kriminele oortreding verteenwoordig.

Menziwa haal ook Steve Biko, Helen Zille se gunsteling Swart Mag-skrywer aan:

“The basic tenet of black consciousness is that the black man must reject all value systems that seek to make him a foreigner in the country of his birth and reduce his basic human dignity.”

luvuyo

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.