Trump na Mexiko om oor muur, immigrante te vergader

Deel op

Dit is bevestig dat die Republikeinse presidensiële kandidaat Donald Trump Woensdag ‘n reis na Mexiko sal onderneem om die Mexikaanse president Enrique Peña Nieto (foto) te ontmoet.

Nieto het voorheen uiters negatiewe kommentaar oor Trump gelewer, insluitende ‘n opmerking dat Trump ‘n “fascistiese diktator” is omdat hy ‘n muur tussen die VSA en Mexiko wil oprig om onwettige immigrante uit te hou.

Volgens bronne is Mexikaanse amptenare nóú betrokke by die beplanning van die besoek. Hulle het op voorwaarde van anonimiteit gesê die gesprek sal ‘n breë verskeidenheid van onderwerpe dek wat wissel van handel, sekuriteit, immigrasie en die omstrede kwessie van grenshandhawing.

‘n Vergadering met Nieto bied ook aan Trump die kans om skeptiese en besluitelose kiesers van sy presidensiële temperament te oortuig.

Daar word verwag dat Trump-adviseur en voormalige New York-burgemeester Rudy Giuliani, RNC-voorsitter Reince Priebus en Alabama Senator Jeff Sessions, saam met hooggeplaaste Mexikaanse amptenare die vergadering sal bywoon.

Die vergadering sal plaasvind ten spyte van kommer by beide die Mexikaanse veiligheidsdiens asook die Amerikaanse Geheimediens. Vrese vir Trump se veiligheid is reeds geopper weens doodsdreigemente wat hy voortdurend ontvang.

Die presidensiële verkiesing kan vertraag word of heeltemal geskrap word indien die samesweringsteorieë waar word en ‘n kandidaat sterf, sê Amerikaanse wetmakers.

Amptenare sê dat die twee leiers ‘n paar verklarings sal uitreik na aanleiding van die vergadering, maar hulle verwag nie dat ‘n volledige perskonferensie gehou sal word nie.

Die reis is veral histories vir Trump omdat daar nog geen vorige presidensiële kandidaat van ‘n groot party ooit na Mexiko gereis het as deel van sy veldtog nie.

‘n Nuwe verslag van Gallup dui daarop Trump se poging Spaanssprekende kiesers kan lok.

In 2012 het die Republikeinsgenomineerde Mitt Romney die Spaanse stem met ‘n yslike 44 persent vervreem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.