Ontploffing in België ‘misdaad’

Deel op

‘n Ontploffing “van ‘n kriminele aard” by België se nasionale instituut vir kriminologie in Brussel dié week het ‘n brand laat ontstaan en groot skade aangerig. Niemand is die voorval beseer nie.

Volgens die Belgiese media is die ontploffing veroorsaak toe ‘n voertuig in die gebou vasgejaag het.

Dit kom terwyl België op ‘n hoë gereedheidsgrondslag is ná verwoestende selfmoordaanvalle op Brussel se lughawe en treindiens in Maart waarvoor die Islamitiese Staat-groep (ISIS) aanspreeklikheid aanvaar het.

Daar was niemand op die toneel in die noordelike voorstad, Neder-Over-Heembeek, toe die ontploffing plaasgevind het nie, het ‘n woordvoerder van die kantoor van die staatsaanklaer gesê.

‘n Woordvoerder van die brandweer, Pierre Meys, het gesê “dit was waarskynlik nie per ongeluk” nie.

“Die ontploffing was uiters kragtig,” het Meys gesê. “Vensters van die laboratorium is dosyne meter ver uitgeblaas.”

Nagenoeg 30 brandweermanne was vanaf omstreeks 03:00 (01:00 GMT) op die toneel om die brand te bestry.

RTBF-televisie berig dat twee verdagtes met die voertuig in die gebou vasgejaag en ‘n “vlambare toestel” na die gebou gegooi het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.