Brief: Nou verstaan ek ‘strukturele rassisme’

Deel op

Dit was nog altyd vir my moeilik om vatplek te kry aan die konsep bekend as strukturele rassisme. Aanvanklik het ek gemeen dit gaan daaroor om jou vreemd en ontuis te voel. Ons almal gaan egter deur ervarings wat ons vreemd en na ‘n buitestander laat voel: Jou eerste skooldag. Jou eerste dag in die hoërskool. Die slag as jy universiteit toe gaan. By ‘n nuwe werk. Mettertyd raak die meeste blankes egter gewoond aan hulle nuwe omstandighede, en ek het nog nooit gesien dat die linkse media beserk geraak het oor die lot van nuwe blanke graadeentjies nie.

Google was eweneens nie van veel hulp nie. Selfs die Wikipedia-artikel oor dié saak is maar vaag, en erken in soveel woorde dat dit minder waarneembaar is as openlike rassisme. Ek moes my dus maar tot nuusberigte wend.

‘n Vrees vir standbeelde van dooie wit ouens is blykbaar nader aan die Ware Jakob. Die vrees vir standbeelde en skilderye wat glo ‘n toonbeeld van strukturele rassisme is, loop dikwels uit op die brand van skilderye en lesinglokale. So ook is die betaal van klasgelde of die terugbetaling van studielenings kwansuis erge voorbeelde van strukturele rassisme. Weer eens loop dit maklik uit op die brand van buitebande of geboue. Hier het ons dus ‘n leidraad in ons soektog: As ‘n trein, skool, skildery of lesinglokaal afgebrand word, is dit ‘n duidelike simptoom daarvan dat die arme, onskuldige brandstigters en geweldenaars ly onder strukturele rassisme. Prasa en Spoornet is terloops skynbaar van die ergste sondebokke wanneer dit kom by die toepassing van strukturele rassisme, te oordeel aan hoeveel treine afgebrand word, met busmaatskappye nie ver agter Prasa nie.

Nog ‘n kenmerk van strukturele rassisme is dat dit vloeibaar en vormloos is. Een ding loop maklik uit op ‘n ander, en dikwels het die griewe min met mekaar uit te waai. ‘n Voorbeeld hiervan is weer eens die Fees Must Fall-beweging. Eers het dit gegaan oor standbeelde van dooie wit mans wat die arme bloedjies agv hulle vrees en bewing ontlasting laat gooi het, toe omvorm dit in klagtes oor uitgekontrakteerde skoonmakers, wat uiteindelik uitgeloop het op klagtes oor klasgelde. Hierdie is leidraad nommer twee: Strukturele rassisme is onlogies, vormloos en bykans enige iets kan ‘n voorbeeld daarvan wees.

‘n Lig het egter vir my opgegaan nav die opstande by die Pretoria High School for Girls. Hierdie keer was dit nie dooie wit mans wat die arme bloedjies so te na gekom het nie; nee, dit was hul hare, en spesifiek hul “reg” om met koppe wat soos die spreekwoordelike ontploffing in ‘n matrasfabriek lyk, by die skool op te daag, in weerwil van die reëls soos deur die Beheerraad van die skool opgestel.

Dit tref my toe: Strukturele rassisme gaan nie oor standbeelde, laat treine of enorme boskase by skole nie. Dit lyk nie op die oog af so nie, maar die taxibestuurder wat alle verkeersreëls verontagsaam, die ontlastinggooier by die Universiteit van Kaapstad wat skilderye verbrand en die skoolmeisie in Pretoria met haar kunsmatige boskaas hou almal nou verband. Dit gaan oor reëls. Al die voorbeelde hierbo sukkel om hul koppe om dissipline te kry.

Strukturele rassisme kan dus baie eenvoudig gedefinieer word: Dit is die ongeneeslike onvermoë van sekeres om hulle by reëls en dissipline neer te lê.

– Johan Visagie

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.