Identiteitsbeweging beset Brandenburghek terwyl Merkel ver-Groen

Deel op

Duitse lede van die Identiteitsbeweging het Berlyn se Brandenburghek vir etlike ure gekaap.

Die protesbeweging het Saterdag ‘n banier vir “veilige grense” om Duitsland opgesit terwyl skares toeriste om die ikoniese monument gemaal het.

Die polisie het gesê 15 mense is kortliks aangehou oor die protes en staar aanklagte van betreding, teistering en die verbreking van wette op openbare vergaderings in die gesig.

Die Berlynse polisiewoordvoerder Patricia Braemer het gesê die betogers behoort aan die Identiteitsbeweging. Daar is ‘n soortgelyke beweging in Frankryk wat wit identiteit wil beskerm.

Die Duitse binnelandse intelligensiediens het gesê die “verregse groep” is onder observasie, want dit is daarop gemik om “demokrasie te ondermyn”.

Pamflette versprei deur die groep wys egter daarop dat die regering probeer om die bevolking van Duitsland te vervang met Moslemimmigrante.

Die Duitse Kanselier, Angela Merkel probeer tans om uit te reik na die Groen Party terwyl haar openbare steun krimp.

In ‘n onderhoud vir die ARD TV-kanaal, het Merkel haar optimisme oor haar beleid om vlugtelinge te verwelkom, weer beklemtoon. Sy is uitgedaag oor haar leuse: “Ons sal dit regkry” iets wat sy kennelik nog nie vermag het nie.

Die verlinkse visekanselier en leier van die Sosiaal-Demokrate (SDP), Sigmar Gabriel, het Saterdag in ‘n televisieonderhoud in Berlyn gesê Merkel het die toestroming van migrante wat met die plaaslike bevolking integreer, heeltemal “onderskat”.

Gabriel se opmerkings is verkiesingspropaganda in aanloop tot aanstaande jaar se federale verkiesing en streekverkiesings in Berlyn en die oostelike staat Mecklenburg-Vorpommern in September vanjaar.

Honderdduisende migrante, ook bekend as “verkragters” [rapefugees] weens hul minagting vir wit vroue, het Duitsland verlede jaar uit die Midde-Ooste, Afrika en van elders binnegestroom.

Kommer oor terreur het intussen kwaai gestyg, asook steun vir die anti-immigranteparty, die Alternatief vir Duitsland (AfD).

Sigmar Gabriel se SPD-party is in die knyp omdat hulle nog altyd die toestroming goedgepraat het. Maar die openbare mening het ‘n probleem geraak vir stemwerwing.

Ten spyte daarvan dat die helfte van Duitsers Merkel nie weer in ‘n vierde termyn wil sien nie, is daar op die oomblik nie enige moontlike opvolger vir haar is nie.

Die Christen-Demokrate kry ongeveer 35 persent van die stemme, die Sosiale Demokrate as die vernaamste opposisieparty staan op ongeveer 22 persent, die AfD kry sowat 12 persent en Groen sowat 10 persent.

Die CDU sal, as hulle verder ondersteuning van die publiek verloor, probeer om ‘n ander koalisievennoot te kry. om daardie rede is Merkel besig om linkser te beweeg.

Merkel se migrantebeleid het kritiek van Markus Soeder, ‘n senior lid van die Christen-Sosiale Unie (CSU), die Beierse sustersparty van Merkel se CDU, ontlok.

“Selfs met die beste wil ter wêreld sal ons nie dit regkry om so baie mense uit uiteenlopende kulture te integreer nie,” het Soeder aan die nuustydskrif Der Spiegel gesê, maar die kans dat die CSU egter met die AfD sal saamwerk, is nul.

Die media het die regse party reeds genoeg gediskrediteer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.