Tien vas oor hondegeveg

Deel op

Tien mense is in Dobsonville in Soweto in hegtenis geneem nadat hulle by ‘n hondegeveg betrokke was, het Netwerk24 berig.

Volgens die DBV se Spesiale Ondersoekeenheid is nege beseerde Amerikaanse veghonde tydens die klopjag gered.

Die diere se eienaars het van die toneel van die hondegeveg gevlug, maar is later deur polisie in hegtenis geneem.

Die DBV moes dadelik noodbehandeling op die beseerde diere toepas.

Kriminele aanklagte kragtens die Dierebeskermingswet is teen al die betrokkenes gelê. Daar word vermoed dat sommige van die honde gesteel is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.