Moordsaak teen ANC-kandidaat uitgestel

Deel op

Die saak teen die ANC-wykskandidaat wat teregstaan op die moorde op DA-raadslid Johannes Baaitjies van die Kgatelopele Munisipaliteit en sy kollega, is Maandag in die Postmasburg landdroshof tot 22 September uitgestel.

Die Valke se Philani Nkwalase, sê Zoniselo Magawu sal dan in die Daniëlskuil-landdroshof amptelik om borgtog aansoek doen.

Baaitjies en sy sakevennoot, Shuping Nosi, is sowat twee weke gelede op die hoofpad tussen Postmasburg en Daniëlskuil in die Noordkaap aangeval.

Baaitjies is op die toneel dood, terwyl Nosi verlede Dinsdag in ‘n Kimberley-hospitaal beswyk het.

Magawu bly in aanhouding.

Volgens die Mercury-koerant, was die totale aantal politieke sluipmoorde net in KwaZulu-Natal voor die munisipale verkiesing in Augustus reeds 12, met vier in Pietermaritzburg, twee in Newcastle en die res uit ander dele van die provinsie.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê 18 gevalle van polities-verwante moorde is aangemeld tussen 1 Februarie en 5 Augustus 2016.

Die oortreding wat die meeste aangemeld is, is intimidasie, maar het slegs gelei tot 29 formele klagtes. ‘n Yslike 110 gevalle van opsetlike saakbeskadiging aangemeld.

Onder die slagoffers van politieke geweld was Thembi Mbongo, 35, ‘n kandidaat vir Wyk 6, buite Osizweni naby Newcastle. Sy is voor haar man en kinders doodgeskiet op 2 Julie.

Haar moordenaars het aan die deur van haar huis geklop en gevra om met haar te praat. Hulle verkeer steeds op vrye voet.

Politieke moorde is nie nuut in Suid-Afrika nie, maar met die aandag wat iemand soos Janusz Walus geniet, bly die openbare mening onder die indruk dat dit seldsaam is en slegs deur wittes gepleeg word wat gekant is teen die nuwe swart regering.

Walus het Chris Hani, terroris en Kommunisteleier om die lewe gebring, maar ten spyte daarvan dat Walus parool moet ontvang, weier die ANC om hom tegemoet te kom.

In KwaZulu-Natal alleen is daar reeds 450 politieke moorde aangeteken tussen 1994 en 2013. Minder as een uit tien van hierdie moordondersoeke het gelei tot suksesvolle veroordelings.

Die polisie het 56 gebiede in Limpopo, 40 in KwaZulu-Natal, 36 in Gauteng, 30 in Noordwes, 25 in die Wes-Kaap, 23 in die Oos-Kaap, 12 in Mpumalanga, sewe in die Noord-Kaap en drie in die Vrystaat geïdentifiseer waar sulke politieke moorde voorkom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.