Warm, droë weer is terug!

Deel op

Sonskynweer met geen vooruitsigte op reën nie word vandeesweek in die sentrale deel van Suid-Afrika voorspel.

Hoë dagtemperature in die grootste deel van die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes voor, met maksimum dagtemperature in die hoë twintigs.

In dele van die Noord-Kaap en Noordwes sal die kwik selfs styg tot in die lae dertigs wat besonder warm is vir dié tyd van die jaar.

Alhoewel ‘n frontale stelsel teen Woensdag deur die Wes-Kaap sal beweeg, sal afkoeling beperk wees tot kusgebiede en die aangrensende binneland .

Dié stelsel kan verligting bring in dele van die Noord-Kaap se weskus en die westelike deel van dié provinsie waar baie warm toestande tans voorkom.

Dié weerstoestande sal waarskynlik voortduur in die eerste deel van September.

Reënvaltoestande lyk egter nie gunstig nie weens min beweging in die atmosfeer in die vorm van koue fronte of afsnylae.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.