Mugabe blameer VSA, Brittanje vir Vrydag se oproer

Deel op

Die geweld wat Vrydag in Harare uitgebreek het, is die Weste se skuld, sê pres. Robert Mugabe. Hy het ook gewaar­sku het dat hy nie ‘n “Arabiese Lente” in Zimbabwe sal duld nie.

Die polisie het opposisie-ondersteuners by Freedom Square in die middestad met knuppels, traangas en waterkanonne uiteengejaag nadat oproeriges die naamborde vir Robert Mugabeweg afgeruk het.

Morgan Tsvangirai en Joice Mujuru, voormalige visepresident en leier van die opposisiegroep Zim-PF, het ook onder traangas deurgeloop.

Die Amerikaanse en Britse ambassades in Zimbabwe het hul “ernstige kommer” uitgespreek oor gebrek aan “vryheid van spraak”.

Mugabe het die Angelsaksers daarvan beskuldig dat hulle die oproeriges aanhits.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.