Rugby: Die god van ‘transformasie’ sneuwel in Argentinië

Vir slegs die tweede keer in die geskiedenis het die eens trotse Springbokrugbyspan oor die naweek teen die Argentynse Poemas in die stad Salta verloor met 24-26 verloor. Die plaasvervangerlosskakel Santiago González Iglesias het in die 78ste minuut van die wedstryd die laaste spyker in die Springbokdoodskis geslaan toe hy met ‘n strafskop geslaag het.

Dit was die eerste oorsese toetswedstryd onder die afrigting van Allister Coetzee wat begin het om die skroewe van rassetransformasie aan te draai, soos wat die ANC en die hoofstroommedia van hom vereis, met die resultaat dat Suid-Afrika nie eens teen die swakste span in die suidelike halfrond kan wen nie. Teen Nieu-Seeland sou Suid-Afrika baie ver verloor het.

Nicolás Sanchez het twee strafdoele behaal, nadat Elton Jantjies die Springbokke aanvanklik laat voorloop het, en het ook ‘n uitstekende drie deur Joaquin Tuculet verdoel sodat Argentinië teen rustyd met 13-3 voorgeloop het.

Kenners is dit eens dat sowel Jantjies as Morné Steyn swak geskop het. Nietemin het Jantjies na rustyd met ‘n strafskop geslaag en het Bryan Habana ‘n drie gedruk, om die telling gelyk te maak. Kort hierna het Argentinië egter weereens met tien punte voorgeloop toe Juan Martin Hernández ‘n voortreflike kruisskop in die rigting van Juan Manuel Leguizamon geloos het, wat oorgeduik het. Hernández het die drie verdoel en agterna nog ‘n strafskop oorgeskop.

Morné Steyn het met twee strafskoppe geslaag, terwyl Pieter-Steph du Toit in die 68ste minuut ‘n drie gedruk het om Suid-Afrika met 24-23 te laat voorloop, alvorens Iglesias die laaste woord met sy strafskop ingekry het.

Argentinië: Drieë Tuculet, Leguizamon. Cons Sánchez, Hernández. Strafskoppe Sánchez 2, Hernández, González Iglesias.

Suid-Afrika: Drieë Habana, Du Toit. Doelskop Jantjies. Strafskoppe Jantjies 2, Steyn 2.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Verkenner

    Rugby was te lank die afgod! Al ons afgode in die land sal verwyder word…

  • Riaan Slabbert

    Heerlike nuus :-)))))))

  • Rifrug

    “… Springbokke aanvanklik laat verloop het …” – ‘voorloop’?

    • Morne Nolan

      ag sharrap jou aap, hou op grootbek wees en begin jou eie blog, dan sien ons hoe jy doen.

      • JESSEJAMES

        Liewe deug Morne, wat is fout met jou? Praag is altyd dankbaar as taalblapse uitgewys word. Praag het al meer as 20 000 artikels en as ons as Praag lesers kan help om spelfoute te redigeer sodat geen een van die 20 000 artikels spelfoute het nie, is dit mos net positief en iets om voor te streef. Ek wil jou nie aanvat nie maar jou reaksies op ander mense se inskrywings laat dit voorkom of jy nogal ‘n katterige persoon is.

        • Naand Jesse,
          ek is baie verras om te sien hoe verdraagsaam Praag se redaksie is met die persoonlike venyn wat Morne (‘n groentjie hier op Praag) vertoon teenoor praag lesers en kommentaar skrywers.

  • Riaan

    Hallo Allister

    Ek weet jy kan nie vinnig lees nie, daarom sal ek stadig tik.

    Daar is ‘n groot verskil tussen ‘n idealis en ‘n realis. Die idealis is die persoon wat vir ure in die Pop Idols tou staan wetende dat sy/haar sang talent slegs tydens ‘n oggend shower tentoongestel behoort te word. Dit is ook die idealis wat trou elke week sy lotto kaartjie koop in ‘n fantasie illusie van wat hy alles met die wen geld gaan koop. Die realis daarteenoor sê vir homself ek kan sing, ek het nie ‘n polities korrekte reality TV program nodig om my sang loopbaan te begin nie. Die realis weet dat sy kanse om die lotto te wen een uit ‘n miljoen is.

    Alister, jy is ‘n idealis. Jy verkeer onder die illusie dat jy die Springbok afrigter is omdat jy die beste man vir die job was. Jy verkeer onder die illusie dat die Springbokke onder jou afrigting ongeewenaarde sukses gaan behaal. In realiteit Alister is jy ‘n regstellende aksie afrigter. Jy is NIE die beste man vir die job nie. In realiteit Alister kon jy in hoeveel jaar nie die Stormers sover kry om die Superrugby reeks te wen nie. Die keer of wat, wat die WP die curriebeker gewen het is ook debatteerbaar aangesien mens kan redeneer dat die curriebeker deesdae gereduseer is tot ‘n opbou van spelers kompetisie.

    Allister die gate in die Springbokke se verdediging is so breed soos die Here se genade. Ons senterpaar “gel” swakker as ‘n Revlon haar produk, Die bal vaardigheid van die hele span in totaal is om die minste te sê pateties, om nie eers van die besluitneming op die veld te praat nie. Om sinvol aan te val Allister, en sinvol te verdedig moet daar kommunikasie tussen die spelers wees. Op die oomblik wil dit voorkom of die hele span soos my eks vrou aan stil stuipe ly. Ek wil nie eers PASSIE en TROTS hier bespreek nie want ek weet dit is twee hoërgraad woorde vir jou Allister wat jy glad nie verstaan nie, en ek glo nie jy besit ‘n verklarende woordeboek nie.

    My raad aan jou Allister is om die papsak die week bietjie weg te bere en nugter oor die hele aangeleentheid te gaan dink. Kies dan ‘n span wat bestaan uit die BESTE persoon vir die posisie (nie soos jy nie). Kies die persoon op sy HUIDIGE vorm, nie op die persoon se reputasie nie.
    Allister ‘n rugby kaartjie is seker maklik 800% duurder as ‘n skokker kaartjie. Jy moet DSTV se duurste pakket vat om Supersport 1 te kan kyk terwyl die sokker gratis beskikbaar is op SABC 1.

    Ons raak gatvol Allister. Ons betaal en betaal die hele tyd en wat kry ons – (Verloor teen Japan, Ierland en die Argentyne). My IDEALIS droom Alister is dat die polities korrekte Springbok span eendag by Loftus moet opdaag vir ‘n wedstryd en daar moet nie een siel in sig op die palviljoen wees nie. En dit moet so aanhou totdat SARU finansieel in duie stort. Dit moet aanhou totdat die ANC nie meer rugby soos ‘n geweer teen die nasie se kop kan hou nie. Sê my Allister, hoe baie meng die minister van sport in by die SA rolbal span.

    Allister weet jy wat. As gevolg van jou het ek en Luke Watson nou iets in gemeen. Die springbok trui wil my ook nou laat kots. Ek sit hier met gemengde gevoelens want aan die een kant soek ek my magtige Springbok terug, maar aan die ander kant wil ek net so graag van JOU, die korrupte regstellende aksie spankeuses, die ANC, en die idiotiese minister van sport ontslae raak.

    • Baasfrans

      Riaan ek het nie geweet allister is nog op die Dopstelsel nie. Sjoe dit verklaar baie………

  • Kyk as leek wat betref rugby gaan ek dit waag om te voorspel hier wag ‘n reeks loesings op die springbokke wanneer hulle testaan gaan kom teen Australië en Nieu -zeeland. (hoop ek het reg gespel).

  • Maus

    Na die hel met die empaaieruitgedinkte sportgod. Dis maar net nog ‘n manier vir sommiges om gedienstigheid aan hul koloniale meesters te toon. Ons wil onsself altyd so graag aan ons vyand se gebruike en speletjies meet, so asof ons met Christene te doene het.

    • Skatymir

      Dit is ‘n maklike som om te maak veral vir ‘n skoolkind; “wat sit jy in vs wat kry jy uit” en dan praat ek nog nie eens van die risikos nie. My twee fris kleinseuns het dit gelukkig besef. Nou hoef hulle ma nie meer rond te ry nie en hulle spandeer hulle tyd baie meer opbouend. Dit is in elk geval vir die onderwysers se ego en vir die skool se aansien. Die kinders begin al hoe meer vir hulle self dink en dit is goed so.

      • Johan

        Ek is in die laaste pylvak van die lewe dus kyk ek na rugby met ander oë as sport. Die mans van my ouderdom en jonger loop soos vraagtekens of sukkel al skuifelend voort. Dan hoor ek maar van die een wie diè of daardiè vervanging aan knie of gewrig gehad het.

        Dan sê ek vir myself dankie dat ek die verstand gehad om op te hou rugby speel na std 8. Om soos diesulkes te moet leef met pyn en ongemak wat voorkom kon gewees het – vir wat?

        ………..vir die onderwysers se ego en vir die skool se aansien – grootliks!

  • Albert Brenner

    Ja, EN?!

    Die DOM Afrikaner sal nog steeds daai stadiums vol sit… en SY RUGBY GOD 100% ondersteun.

    … terwyl die Boere op hul plase VERMOOR WORD:

    Jammer om te se, maar die Afrikaner VERDIEN SY/HAAR LOT!

    • Johann Schutte

      Ons moet die kwota sisteem omhels.

      Dis `n geleentheid om onself moreel te hergenereer en gemeenskapskohesie te bevorder.

      Die bokspan lyk deesdae baie goed by die pre-game photoshoot, en al verloor ons vir `n paar dekades is dit `n klein prys om te betaal vir nasiebou.

      Ons sal nooit weer gemaklik wees op Durban se strand oor Kersfees (of in Hillbrow oor nuwejaar) saam met AL ons volksgenote, as ons nie nou Max se toekomsvisie aktief najaag nie.

      Ons moet nie die Mandela/Pienaar legacy minag nie.

      Enigiemand wat anders dink is verkramp/`n rassis/kan nie `n ware springbok ondersteuner wees nie.

      As jy wil troll/knoppies druk moet jy hierdie tipe argument daar op Supersport se rugbyblad gaan voer. Die rugby entoesiaste is selfs bitterder, meer heethoofdig, vloekerig, intolerant en fanaties as die Dawkins ateiste op PRAAG.

      • G

        Ek het al daai argumente Saterdag vóór die wedstryd gehoor want hulle het al geweet hulle gaan verloor. 400 jaar se ervaring leer ‘n mens iets.