Hoe linkse politiek geweld in die hand werk

Hillary Clinton nadat sy Libië vernietig het.
Hillary Clinton nadat sy Libië vernietig het.

Die afgelope paar jaar het ons vanuit allerlei hoofstroommediabronne verneem oor dade van agressie wat gepleeg was deur uiteenlopende figure, van geloofsfanatici tot mense wat geestessiek is. Soos dit die gewetenloosheid van die politiek betaam, probeer almal hier munt uit te slaan, hetsy deur strenger wapenwette, hetsy deur die bevolking se gemoedere te bedaar met allerlei praatjies. Sodra hierdie geweld geen politieke doel dien nie, word dit summier doodgeswyg en moet die alternatiewe media hierdie verhale aan die publiek bring.

Ons sien byvoorbeeld na die insident in Nice van afgelope Julie het die Franse sosialistiese premier Manuel Vallis lakoniek geantwoord dat die bevolking maar gewoond moet raak aan terreuraanslae. Dit is nou musiek in die ore van enige geloofsfanaat.

In Swede het een of ander slimkop besluit om armbande aan vroue uit te deel waarop staan “Los my uit” wat blykbaar gaan help om die verkragtingepidemie teen te werk. Tot dusver het daar egter dadels van gekom.

Sodra al die wêreld se geleerdes bymekaar kom en diskussies voer oor hoekom daar sulke geweld plaasvind, word soos gewoonlik verwys na verdrukking, die wit patriargie of ‘n eenling met ‘n geestessiekte wat die rede hiervoor was. Die werklike oorsaak word nie bespreek nie, en enige effektiewe manier om dit te stop, word onder die tapyt van rassisme gevee.

Figure soos Michael Moore probeer ons oortuig dat die Amerikaanse leefwyse die rede hiervoor is en beroep homself op allerlei abstrakte argumente wat nòg kant nòg wal raak, terwyl swart Suid-Afrikaners se geweld tot vervelens toe verklaar word deur die, groot bose wolk van apartheid wat oor hulle hang; iets wat Max du Preez en kie daagliks aan die publiek verkoop.

In die huidige Amerikaanse presidensiële wedloop sien ons presies dieselfde. Die hoofstroommedia probeer hul bes om Trump van al die wêreld se ellende te beskuldig, terwyl al die voornaamste probleme van die wêreld vandag – die mislukte state van Irak en Libië, die oorlog in Sirië, die opkoms van ISIS, die vlugtelingestroom – te danke is aan die beleid wat Hillary Clinton gevoer of gesteun het.

‘n Interessante studie wat onlangs gedoen is bied ‘n verfrissende nuwe perspektief hierop. Die navorser Tage Rai is van mening dat mense in die meeste gevalle tot geweld oorgaan nie omdat hulle geen moraal het nie, of dat hulle een of ander sadistiese behoefte het tot geweld nie, maar omdat hulle juis gehoor gee aan hul moraliteit. Hulle gebruik met ander woorde geweld omdat hulle meen dat dit moreel geregverdig is. Dat mense hulself moreel wil reinig is ‘n tendens wat bekend is by ons, en in baie kulture word dit belangriker beskou as die blote strewe na lewensgeluk. Onder Islamiste is daar heelwat bruikbare idiote wat bereid is om hulself op te blaas vir die “groter doel”, en nie omdat dit vir hulle aangenaam is nie, maar omdat hulle dink dat hulle die regte ding doen.

Deur geweld onder bepaalde omstandighede te gebruik, versterk ook die gevoelens van die lede van die binnegroep onder mekaar. Dit help om hul unieke groepsidentiteit te vorm, en kan ‘n verklaring bied hoe die meesterbrein agter die Paryse Bataclan-slagting vir maandelang in die Brusselse wyk Molenbeek beskerming geniet het van sy mede-geloofsfanate. Geweld werk nie moreel verlagend vir die geweldenaars nie, maar juis moreel verhogend.

Ek is egter nie seker of Rai se bevindinge vir kriminele politici geld nie, maar dit is ‘n hele ander diskussie.

‘n Ander studie wat gedoen was deur Tage Rai en Keith Holyoak het ook gewys hoedat wegrelativering van bepaalde kernwaardes ‘n mens se neiging tot agressie verhoog. In eksperimentele groepe waar mense se opvattings met onbetwisbare kernwaardes “gelaai” was, was hulle minder geneig om bedrog te pleeg op opvolgende toetse as ander proefpersone wie se gedagtes met relatiwisme geaktiveer was.

En dit sien ons in die wêreld vandag. Terwyl die Weste voortdurend die hand in eie boesem moet steek en moet twyfel aan sy eie kultuur, is bewegings soos ISIS besig om met ekstreme barbarisme oor te neem. In die Bataclan teater, byvoorbeeld, het hulle nie net op die konsertgangers geskiet nie, maar ook sommige onthoof en hul ingewande uitgeryg. Laasgenoemde feit was uit die hoofstroommedia verswyg waarskynlik om geen slapende honde wakker te maak oor die ware aard van die slagting nie. Dit lyk soos dieselfde taktiek tydens die Sowjet Unie se Groot Terreur van 1934 – 1939.

Tydens Oujaarsaand in Keulen het sowat 1200 Duitse vroue melding gemaak van seksuele mishandeling en verkragting wat gepleeg was deur ‘n groep van sowat 2000 Islamitiese jong mans, heelwat meer as wat aanvanklik beweer was. Dit het egter George Soros se feministe nie gestop om die skuld te probeer lê by die etniese Duitse mans nie, so asof hulle die daders was. Myns insiens is die enigste “misdaad” wat hierdie Duitse mans gepleeg het om nie met genoeg agressie die vroue te beskerm nie. Dit sou in elk geval weer gelei het tot die narratief van die outoritêre Duitsers wat die arme onskuldige Moslems aangeval het, wat die media weer skaamteloos sou uitbuit.

Hierdie laasgenoemde insident kan ook help dat hierdie vroue, wat nie meer op hul eie etniese volksgenote kan vertrou nie, juis die beskerming van die Islamiste self gaan opsoek, en uiteindelik gedwing gaan word om tot Islam te bekeer wat die oprukkende Islamdemografie ‘n handige hupstootjie sal gee.

Selfs daar in Engeland is die splinternuwe Eerste Minister Theresa May ‘n groot aanhanger van die Koran en haal gereeld strofes aan vanuit daardie geskrif. Tony Blêr lees ook gereeld die Koran en meen dat Mohamed ‘n “enorme beskawende krag” was. Daarbenewens is May ‘n ook voorstander van adopsieregte vir pedofiele. Engeland mag dalk uit die Unie gestap het, maar met so ‘n Jan Salie as Eerste Minister soos sy, is daar in elk geval geen angel in die Angelsakse meer nie.

Dit wil voorkom dat, net soos die gevreeste Zika virus in Brasilië vir verkleining van die hoofde van baba’s verantwoordelik is, het daar ook ‘n soortgelyke “virus” vanuit Suid-Afrika oorgewaai. Ons noem dit die efwee de klerk virus, en dit verklein die breine van wit politici.

Soos Tage Rai ietwat ambisieus stel, dat sodra mense van alle oortuigings besef dat geen geweld goed is nie, sal geweld dan eers begin afneem.

Ons neem aan dat hy ook geweld van linkse aktiviste teen wittes hiermee bedoel.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Domkhonto

    Baie goeie en insiggewende samestelling van feitlikes.

  • Johan

    Marco Polo het mos beweer dat daar net twee tipe Moslems is naamlik die wat die ongelowige se kop sal afkap en die ander wat die ongelowige se voete sal vashou terwyl die kop afgekap word. As die stelling geldig sou wees moet groepsidentiteit vir die moslem terroriste so belangrik wees dat kontrole grootliks in die groep lê (ubuntu) dws ekstern geleë is met die waardestelse wat nog aan interne beheer gekoppel word, deur morele oortuigings gedryf word sodat moord geregverdige doodslag is.

  • Rutger

    In Afrika sal geweld nooit afneem nie, want dis “moreel” om die laagste gemene deler tevrede te stel. Die moordlus neig na nul.