Iran wil Hamas weer bewapen

Deel op

Image

Russiese missiel

Iran is ongelukkig met die uitslag van die onlangse Gasa-oorlog, en hulle is veral ongelukkig met die swak vertoning van die Palestyne wat hulle in die nuutste taktiek en wapenshanteringsvaardighede opgelei het. Die span – sowat ‘n honderd van hulle – is baie vinnig deur die Israelse soldate uitgewis.

Deel op

Wat ook teleurstellend was, was die gebruik van die langafstandvuurpyle deur Hamas. Terwyl daar ongeveer 600 vuurpyle op Israel afgevuur is tydens die 22-dae-offensief, was net ‘n paar dosyn van die langafstand-BM-21-tipe en het min vuurpyle enige skade aangerig.

Die 122mm BM-21 weeg 70 kg en is amper 3 meter lank. Hulle plofkoppe weeg 22 kg, maar die akkuraatheid is nie veel beter as die 107-mm-modelle nie. Hulle het wel 'n trefafstand van 20 kilometer. Omdat hulle onbegeleide vuurpyle is, is hulle net effektief as hulle in salvo’s afgevuur word, of op groot teikens, soos stede, militêre basisse en industriële komplekse. Daar is 'n langerafstandweergawe van die vuurpyl wat deur verskeie lande vervaardig word, en hulle kry die bykomende afstand deur die plofkop kleiner te maak.

Die meeste plaaslik vervaardigde Hamas-vuurpyle (Kassams) is gebaseer op die ouer Russiese B-12-vuurpyl. Dit is ‘n fabrieksvervaardigde 107 mm-, 20 kg-, eenmeterlange Russies ontwerpte vuurpyl wat by terroriste baie gewild is. Die vuurpyl het ‘n trefafstand van omtrent 6 kilometer en anderhalf kilogram plofstof in die plofkop. Normaalweg word dit uit 'n lanseerder in salvo’s van ‘n dosyn op 'n slag afgevuur, maar wanneer dit individueel gebruik word is dit meer effektief nader aan die teiken.

Iran sal graag langafstandvuurpyle in Gasa wil insmokkel, soos die Fajr-5. Dit is 'n vuurpyl wat 10 meter lank is, 333mm in deursnee met ‘n gewig van 900 kilogram en 'n trefafstand van 75 kilometer. Dit beskik oor die vermoë om Tel Aviv te kan tref en ook die meeste gebiede in sentraal-Israel. Dié vuurpyl is gebaseer op ‘n soortgelyke Sjinese item wat Iran in die 1990’s gekoop het en is so lank soos 'n baie lang telefoonpaal. Die Fajr-5’s kan deur die smokkeltonnels in Gasa ingebring word slegs as dit uitmekaar gehaal word in 8 tot 10 seksies en dan weer aan die ander kant aanmekaar gesit word. Om die stukke in Egipte in te bring, is egter moeilik en om dit per see te vervoer het ook risiko’s daaraan verbonde. Die Fajr-5 het ‘n plofkop van 100 kilogram, met omtrent die helfte hiervan wat plofstof is. Dit maak ‘n redelike groot ontploffing en is slegs effektief wanneer dit in groot bewoonde gebiede gevuur word. Dit beteken dat die mees waarskynlike teikens burgerlikes sal wees. Iran maak staat daarop dat Israel nie sal reageer as hulle stukke van die missiel ontleed en vind dat dit van Iranse oorsprong is nie. Die rede hiervoor is dat Israel nie opgetree het toe Iran kleiner Fajr-vuurpyle afgevuur het op Israelse stede in 2006 nie. Wat wel seker is, is dat Israel Gasa sal binnedring indien 'n Fajr ooit in Tel Aviv sou val.

Ian voel nou verneder deur die land wat hulle soveel keer hard en duidelik gesê het vernietig behoort te word. Dit beteken dat daar wel ‘n poging mag wees om Fajr-5's in Gasa in te smokkel, maar om Hamas sover te kry om dit af te vuur, is ‘n ander kwessie.

Hamas verkeer onder baie druk van Europese en Arabiese ondersteuners om hulle planne vir volksmoord op Israel prys te gee en om daarop te konsentreer om die lewens van inwoners in Gasa te verbeter. Baie van die inwoners in Gasa blameer Hamas vir die onlangse oorlog.

Selfs geharde Hamas-ondersteuners moet die feite in die oë kyk dat hule ‘n betreurenswaardige vertoning gelewer het teen die Israelse weermag. Om ‘n paar Fajr-5’s op Israel af te vuur en dan straf te moet verduur in die vorm van duisende "slimbomme" en artilleriemissiele is nie die moeite werd nie. Maar Iran is die land wat tans baie van Hamas se geld voorsien om die organisasie aan die gang te hou. Dit is dus redelik seker dat Hamas sal saamwerk met planne om die 2000 vuurpyle wat Hamas verloor het, te vervang. Van die 2 000 vuurpyle is sowat 1 400 vernietig deur Israelse bomme, artillerievuur en soldate.

сухая штукатурка для внутренних работФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.