Het Valke Indiese tendernes van Gordhan oopgekrap?

Deel op

In November 2003, toe Pravin Gordhan hoof van die Inkomstediens was, het Harry Chakala verskeie tenderooreenkomste met die Inkomstediens gehad om dokumente te skandeer as deel van ‘n moderniseringsproses.

Hy het reeds ‘n gedeelte van die werk afgehandel toe hy oor ‘n radionuusbulletin hoor dat een van die tenders hertoegeken is aan ‘n maatskappy in Indië, het RSG berig.

Chakala het onmiddellik navraag by die Inkomstediens hieroor gedoen omdat die hertoegekende tender vir miljoene meer was as waarvoor hy die werk gedoen het.

Hy het ook navraag gedoen oor die sekuriteitsrisiko om Suid-Afrikaanse dokumente Indië toe te verskeep. Drie dae later op 6 November 2003 is sy huis en besigheid HR Computek deurgesoek en hy is in hegtenis geneem.

Daar is beslag gelê op al sy dokumente, rekenaars en van sy persoonlike besittings. Volgens sy eedsverklaring is hy kaal voor sy vrou en kinders uitgetrek en is hy in hegtenis geneem terwyl amptenare van die Inkomstediens toegekyk het.

Maar wie is die eienaars van die Indiese maatskappy? Kennelik bedreig die Valke-ondersoek ‘n buitelandse tendernes.

Die UDM het intussen ‘n beroep op Gordhan gedoen om sy volle samewerking aan die Valke te gee.

Gordhan het tot Donderdagoggend half tien tyd gehad om hom by die Valke aan te meld. Dit hou verband met ‘n die beweerde spioenasie-eenheid in die die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

Gordhan word daarvan aangekla dat hy die voormalige senior werknemer van die SAID, Ivan Pillay se vroeë aftrede goedgekeur het en hom weer in 2010 aangestel het.

Die leier van die UDM, Bantu Holomisa sê Gordhan moet nie die geskil tussen hom en die Valke verpolitiseer nie. Hy sê Gordhan is besig om die minister van polisie te ondermyn nadat hy geweier het om by die Valke aan te meld.

Die Valke het Maandag aan Gordhan ‘n brief gestuur wat hom aansê om by die Valke aan te meld in verband met die ondersoek.

Die voormalige SAID-amptenare, Ivan Pillay en Johan van Loggerenberg gaan na verwagting wel by die Valke aanmeld.

Die Boerehater Mark Heywood van Section 27 is een van Gordhan se groot ondersteuners.

Hy het gesê hulle gaan die Valke se kantore monitor om “terugvoering te gee aan Suid-Afrikaners” uit “solidariteit met diegene wat deur die Valke geteister word”.

Die Sunday Times het reeds in Mei voor die verkiesing berig dat Gordhan in hegtenis geneem gaan word op aanklagte van spioenasie, wat gekoppel is aan die aktiwiteite van die sogenaamde Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) wat hy opgerig het terwyl hy SAID-kommissaris was.

Dit is destyds ontken deur die presidensie en die Nasionale Vervolgingsgesag het toe gesê dat die dossier terugverwys is na die Valke.

Gordhan het glo daarna ‘n oorsese toer onderneem om die Zuma-administrasie te gaan verdag maak by internasionale kredietgraderingsmaatskappye wat die rand se waarde laat verswak het.

Die Finansiële en Fiskale Kommissie sê hy is bekommerd dat die voortgesette spanning tussen Gordhan en die Valke die begrotingsproses in die wiele kan ry.

Die kommissie is ‘n Hoofstuk 9-instelling wat die Nasionale Tesourie van raad voorsien oor die verdeling van inkomste tussen die onderskeie vlakke van regering.

Die kommissie sê die spanning kom op ‘n “kritieke tyd” in die begrotingsproses.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.