SA: 56 miljoen siele

Deel op

Daar woon na raming 56 miljoen siele in Suid-Afrika waarvan 51% vroulik is, volgens die halfjaarlikse berekeninge van Statistiek Suid-Afrika, en hulle sit nie stil nie.

Vir die tydperk 2011-2016, het ongeveer 247 437 mense gemigreer vanaf die Oos-Kaap uitwaarts, maar die uitvloei van Limpopo van byna 305 030 mense, was nog groter.

Gedurende dieselfde tydperk, het Gauteng en die Wes-Kaap ‘n geraamde invloei van immigrante van ongeveer 1 216 258 en 363 114 onderskeidelik ervaar.

By dié aankondiging tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria Donderdag, het die statistikus-generaal, Pali Lehohla, gesê migrasie is ‘n belangrike demografiese proses wat die ouderdomsprofiel en verspreiding van provinsiale bevolkings raak.

Die grootste deel van die Suid-Afrikaanse bevolking (24%) woon in Gauteng, sowat 13,5 miljoen mense. KwaZulu-Natal is die provinsie met die tweede grootste bevolking van 11,1 miljoen mense (19,9%).

Die Noord-Kaap bly steeds die provinsie met die kleinste deel van die Suid-Afrikaanse bevolking, net oor die 2%.

Sowat ‘n derde van die bevolking is tussen die ouderdomme van 15 jaar en jonger en ongeveer 8% is 60 jaar of ouer.

Van diegene jonger as 15 jaar, woon ongeveer 23% in KwaZulu-Natal en 20,4% in Gauteng.

Die grootste persentasie van mense van 60 jaar en ouer woon in Gauteng, te wete 26%, en dié groep gaan waarskynlik groter word met die verloop van tyd.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.