ANC-kandidaat staan tereg op 2 aanklagte van moord

Deel op

‘n ANC-kandidaat sal Maandag op twee aanklagte van moord in die hof verskyn.

Zoniselo Magawu (foto bo) is vir die moord op ‘n DA-raadslid van die Kgatelopele-munisipaliteit in Daniëlskuil gearresteer.

Dit is volgens die Valke se Hangwani Malaudzi en volg nadat Johannes Baaitjies se sakevennoot, Shuping Nosi, Dinsdagaand in ‘n Kimberley-hospitaal aan sy skietwonde beswyk het.

Hy is verlede Donderdag gewond in die aanval wat ook tot Baaitjies se dood gelei het.

Magawu het reeds op ‘n aanklag van moord en poging tot moord in die hof verskyn. Malaudzi sê die aanklag van poging tot moord het nou na moord verander na die dood van die tweede slagoffer.

Intussen het die DA-woordvoerder in die Noord-Kaap, Clivé Burger, bevestig dat die party se leier, Mmusi Maimane, die begrafnis van Baaitjies Saterdagoggend sal bywoon.

“Johannes Baaitjies word om 08:00 Saterdagoggend in Daniëlskuil uit die AGS Kerk in Kuilsville begrawe. Mmusi Maimane gaan die begrafnis bywoon. Hy vlieg reeds Vrydag Kimberley toe. Vredesaktiviste en personeellede sal ook die begrafnis bywoon. Ons verwag ‘n klomp mense,” sê Burger.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.