Jonathan Jansen daal nog laer met sy aanvalle teen Afrikaners

Deel op

Prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), het nog laer gedaal met sy aanhoudende aanvalle op Afrikaners.

Volgens bronne het die bruinman, wat klaarblyklik erg sukkel om ewewigtig op te tree, by ‘n senaatsvergadering gesê “iets skort met die opvoeding van wit Afrikanermans” asook dat daar “bewyse is dat wit studente in Afrikaanse klasse bevoordeel word”.

Beeld berig dat Jansen gesê het dit sal daarom goed wees indien Afrikaans as onderrigtaal afgeskaf word. Jansen het ‘n waarderende Engelssprekende gehoor, iets wat dalk sy ook ongeneeslike voorbarigheid verklaar.

Jansen het glo op die senaatsvergadering verwys na wit studente wat water op ‘n veiligheidswag gespuit het. Sy beweer nou dit was urine, waarskynlik om simpatie vir haarself te wek by ‘n rektor wat kennelik graag hoor van Afrikaners se “tekortkominge”.

In ‘n ander voorval het twee antwoorde op ‘n vraestel verskyn wat Jansen sonder meer as “wit bevoordeling” voorgehou het.

‘n Afrikaanse ouditkundevraestel het glo per abuis twee antwoorde ingesluit, ‘n eerlike fout sê die dosent, maar volgens die patetiese bruinman “was daar al baie aantygings dat wit studente in Afrikaanse klasse bevoordeel word en dié vraestel bewys dit”.

Daar was nog geen ondersoeke by die UV – wat terloops nooit huiwer om alle wit sondes te ondersoek nie – om sulke onverantwoordelike stellings te regverdig nie, maar klaarblyklik moet Jansen sy groeiende minderwaardigheid sonder einde met sulke kwaadwilligheid besweer.

Jansen en Lacea Loader, woordvoerder, sê die vergadering wat Dinsdag plaasgevind het, was vertroulik en hulle sal nie sy jongste uitlatings met die media bespreek nie.

Volgens ander bronne het Jansen ook gesê jong Afrikanermans dink sekere dinge kom hulle toe, en hulle het nie respek vir ander nie en die probleem is by hul opvoeding.

Jansen se jongste blatante anti-wit rassistiese uitlatings het daarna soos ‘n veldbrand op kampus versprei.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.