Brief: Los ons ‘Stem’ en ander simbole!

Deel op

Wat beteken simbole vir jou?

Simbole is al van die vroegste tye gebruik om volke, stamme, mense en lande uit te ken. Almal van ons moes al op skool die debat voer oor skooluniforms en een van die basiese redenasies daaragter is dat dit die leerlinge as ‘n eenheid saambind.

Ons het nou tydens die pas afgelope Olimpiese Spele gesien, hoe lande hulle vlag en volkslied beskou as iets op op trots te wees. Deelnemers en toeskouers deel in die sukses en vreugde wat saamgebind word deur hulle eie land se gekleurde stukkie lap.

Nou kom die vraag by my op: hoekom nie in Suid-Afrika nie?

Ek onthou as kind hoe ons elke oggend met trots die landsvlag gehys het voor die skool. Ek onthou hoe ons die volkslied gesing het. Hoe ons die landswapen bestudeer het en die simboliek daaragter leer ken het. ‘n Trotse gevoel het diep in my hart kom brand as ek kon sê, “Ek is van Suid-Afrika”.

Ek kyk na vandag se tieners en laerskoolleerlinge en besef ons het tog iets in gemeen. Ons gaan steeds met uniforms skool toe en die kinders van daardie ouderdom stel steeds nie in die minste in die politiek belang nie. Ten spyte van dit alles, moet hierdie kinders grootword in ‘n era van haat en geweld. Die voorbeeld wat die “grootmense” vir hulle stel is een van, “entitlement”. As ek iets wil hê, hoef ek nie daarvoor te werk nie; ek vat dit. As ek nie van iets hou nie, moet dit verwyder word. En as mense nie luister na my of my seergemaakte gevoelens nie, dan brand ek iets af en gedra my soos ‘n barbaar.

Ons is onderdruk! roep almal uit, maar die meerderheid van die jonges wat betoog, skree en so barbaars optree het nog nooit een asemteug geneem in ‘n land wat onder apartheid gestaan het nie. Hulle was nog nie eens gebore met die afskaffing van apartheid nie. Nou bly my vraag weer: hoekom moet ‘n hele generasie besoedel word met gif, haat, nyd en geweld, net omdat hulle ouers “‘n chip op die skouer het”?

Tydens die onderhandelings pre-94 is daar besluit dat die blanke volk sekere simbole moet prysgee. Daar moet ‘n nuwe vlag, landswapen, volkslied en dies meer gekies word. Ten einde nie die hele bevolking geheel en al uit te sluit nie, is besluit dat sekere simbole heeltemal verander en sommiges slegs gewysig word. Met heelwat gemor, gekla, seergemaakte gevoelens en ‘n almene gevoel dat my mense aan die korste ent trek, het ons dit aanvaar.

Toe kom nog veranderinge, die Voortrekkermonument word verander om ander bevolkingsgroepe in te sluit, so ook die Uniegebou, die Vrouemonument, noem maar op. Seer dolke is in ons harte gedraai, maar ons het stilgebly.

So word Jan van Riebeeck opgehaal en uitgeskel vir als wat sleg is. Hy het alles wat sleg is na Suid-Afrika gebring. Ons het stilgebly.

Nog standbeelde word gevandaliseer, sommiges verwyder, ongeag of daardie persone wel ‘n integrale deel gevorm het in die proses om hierdie land te bring tot waar dit vandag is. Elkeen van die mense wat nou die skuim van die aarde is, het ‘n deel gehad om hierdie land te bou. Sommige het meer stene in die geskiedenisprentjie gebou as ander, maar almal het ‘n bydrae gelewer.

Nou, 22 jaar ná die blanke bevolking stelselmatig uitgeskuif is, meer as twee dekades na die ander lede van hierdie land oorgeneem het, is die bewyse elke dag sigbaar dat hulle geen land sou gehad het om te regeer (al is dit in die grond in), as dit nie was vir die mense wat hulle so graag uit die prentjie van die geskiedenis geskryf wil hê nie.

Infrastruktuur sou nie hier gewees het nie. Geen paaie, hospitale, skole, universiteite (al spog hulle almal met grade by daardie instellings), geen wetenskaplike navorsingsentra, geen howe, geen regeringsgeboue met sagte gemaklike stoele vir korrupte potentate, geen geskiedkundige monumente (aangesien hulle die voriges net geforseerd ingelyf het) en geen winkels of elektrisiteit nie. Ja, dis reg. Daar sou ook geen KFC of Nando’s gewees het nie.

Maar ná dit alles is die ongevergenoegde, gebreinspoelde, gierige spul steeds nie tevrede nie. Hulle wil nou “Die Stem” ook uit die land se geskiedenisboeke en volkslied skryf, want dit maak hulle arme gevoelens seer.

My raad aan julle is om ‘n bruggie te bou en oor julle kwessies te kom (sonder om ‘n sielkundige te gaan sien, aangesien dit ook ‘n hulpmiddel uit die apartheidstyd is). Julle het meer as genoeg tyd gehad om julle wonde te lek en en julle sielkundige terugslae te bowe te kom. Hier is waar ek en my volkie nou die streep trek. Ons het nou lank genoeg stilgebly, die onsigbare houe van BEE gevat, gekyk hoe ons mense uitgemoor word op plase en dorpe en dit afgemaak word as net nog misdaad.

Baie mense vergeet van dinge soos Bloedrivier, want dis uit die geskiedenisboeke op skool gehaal, maar nie een enkele regering of bemagtigingsprogram sal ooit hierdie volk se geskiedenis, herinneringe of veggees kan vernietig nie.

Daar is iets wat ek julle moet vertel van my mense. Ons kry seer, en ons sal stilbly, ons word geskop, en ons sal stilbly, ons word verneder en ons sal stilbly, maar nóóit vir een oomblik sal ons gaan lê nie. My voorouers se bloed vloei deur my are en tou opgooi is nie in my woordeskat nie.

Indien dit dan so erg is saam met die blanke volkie te leef, hoekom laat julle ons nie toe om met selfbeskikking te regeer nie? Of is julle bang dat ons dan weereens sal floreer en julle (met al julle gehate infrastruktuur wat julle gerieflikheidshalwe gebruik en benut) sal verval tot ‘n kreperende massa wat net as nog ‘n statistiek op die Afrikakontinent se lys van behoewende nasies aangeteken word.

Los my en my mense se simbole, julle krap aan ‘n groot slapende leeu wat al lankal gatvol is.

– Audrey Bierman

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.