Waarom Amerika se ‘halfbloedprins’ nie die w?reld gaan red nie, deel 2

Deel op

ImageTerwyl die VSA verswak word deur sy interne ideologiese en rasseverdeeldheid, het die land ook die pad byster geraak wat sy buitelandse beleid betref. Dis te betwyfel of die liberale Hillary Clinton hoegenaamd hieraan gaan verander. Kortom, Amerika het sy tradisionale posisie as bewaker van Westerse veiligheid versaak en is tans onseker oor wat sy werklike belang behoort te wees.

Deel op

Ek meen Amerika se behandeling van die blankes in Suider-Afrika verskaf een leidraad tot die land se nuwe buitelandse beleid (of gebrek daaraan). Amerika het sowel die Smith-regering in die destydse Rhodesië as die vorige Afrikaner-geleide regering van Suid-Afrika aktief ondermyn. Die gevolge was voorspelbaar: twee ver-linkse en uiters anti-Westerse swart regerings het in beide lande aan bewind gekom. In Zimbabwe het Robert Mugabe se Zanu-PF-party met hul etniese suiweringsveldtog teen blanke boere die land se ekonomie verwoes en het een helfte van die bevolking na Suid-Afrika gevlug en die ander helfte ontvang voedselhulp van die Rooikruis en Westerse liefdadigheidsorganisasies.

In Suid-Afrika het Amerika die ANC, wat destyds 'n kommunistiese organisasie was wat stedelike terreur in Suid-Afrika gepleeg het, aktief ondersteun met geld, publisiteit en diplomatieke middele. Kwansuis was Amerika ten gunste van "demokrasie" in Suid-Afrika.

Kom ons vergelyk wat tans in die Gasastrook aan die gang is met die situasie destyds in Suid-Afrika. Almal weet dat, indien 'n verkiesing more in die Gasastrook gehou sou word, sou die radikale Palestynse party, Hamas, dit wen. Logies beteken "demokrasie" in die Gasastrook Hamas, 'n anti-Westerse terroristeorganisasie wat vuurpyle op Israelse burgerlikes afvuur.

"Demokrasie" in Suid-Afrika het in 1994 die ANC-bewind beteken. Die ANC-bewind is met sy anti-blanke en anti-Westerse beleid van "transformasie" besig om presies dieselfde einddoel te bereik as Robert Mugabe in Zimbabwe: om die subkontinent van alle blankes te suiwer in 'n rasseprogram wat nog veel duideliker is as enigiets wat die Nazi's in Duitsland aangaande die Jode verklaar het.

 Terwyl Amerikaners lief is daarvoor om oor hul waardes en integriteit te praat, is daar een ding wat selfs voor Obama baie helder was en dit is: Amerika beskik, wat buitelandse beleid betref, oor geen waardes nie. Dit gaan bloot om wat kardinaal Richelieu destyds raison d'état genoem het. Omdat beide groot partye in die VSA die multikulturele samelewing en multikulturele staat as ideaal aangeneem het, beteken dit dat die VSA se belang voortaan bloot ekonomies en militêr-strategies van aard is.

 Blanke, Christelike Suid-Afrikaners, wat in twee wêreldoorloë, asook in Korea, aan die Amerikaanse kant geveg het, verkeer nie verder of nader aan Amerika as kommunistiese Chinese, fundamentalistiese Moslems of Hindoes nie.

 Hoewel Huntington destyds aan die einde van die koue oorlog Amerika se nuwe stryd as "tussen beskawings" gedefinieer het, het selfs dít ná Obama verval. Obama is die eerste president van 'n post-Westerse en post-Christelike Amerika.

 Dis geen wonder dat Edward Saïd en ander akademiese filosowe gaande oor Obama is nie, want hy verteenwoordig die postmoderne, nie-identiteit van Amerika.

 Die Franse romanskrywer, Jean Raspail, het gepraat van die komende derdewêreldrevolusie wanneer die eertyds Westerse, Christelike of sekulêre state deur ander betrek gaan word soos wat die hermietkrap in 'n weekdier se skulp intrek. Die Amerikaanse vlag, volkslied en ander parafernalia verteenwoordig daardie dop van die ou Amerika wat nou deur 'n nuwe wese beset word, 'n wese sonder waardes of wie se enigste waarde iets soos "diversiteit", die aanvaarding van alle waardes, van die Tien Gebooie tot klitoridektomie op Afrikavroue in die VSA, is.

 Daar bestaan 'n algemene opvatting onder linkse pasifiste dat mense met oortuigings of 'n gedefinieerde nasionale of etniese identiteit maklik oorlog maak. Hibriede mense of diegene sonder 'n vaste identiteit is daarom meer vredeliewend en indien alle nasies en volkere verdwyn, sou daar ewigdurende vrede op aarde wees.

 Maar wat hulle uit die oog verloor, is dat oorloë net in 'n beperkte mate oor identiteitskwessies soos taal, kultuur, godsdiens of ras gaan en meermale oor geld en hulpbronne geveg word. Immers sou geen land teen 'n ander oorlog verklaar bloot omdat die kultuur en gebruike van so 'n land van sy eie verskil nie. Gewoonlik is daar een of ander instrumentele of strategiese sneller vir oorlog.

 Die linkse aanname dat die nuwe identiteitlose VSA dus 'n vredeliewende land gaan wees, is foutief. Juis omdat Amerika geen waarde meer voorstaan behalwe "demokrasie" nie (wat ook 'n vorm van regering deur die gepeupel kan wees), asook in 'n ekonomiese krisis verkeer, gaan sy globale invloed taan. Groot lande of ryke waarvan die invloed taan, maak gewoonlik oorloë in 'n desperate poging om hul vorige invloed te herwin. Die eerste wêreldoorlog het uitgebreek omdat die Habsburgryk besig was om te verbrokkel.

 Terwyl Obama as "man van vrede" hom wou differensieer van 'n "oorlogsugtige" Bush, kan ons seker wees dat hy ook nie sal skroom om militêr op te tree indien Amerikaanse belange soos markte of toegang tot energie bedreig word nie. Dít wat ons in Suider-Afrika gesien het oor die afgelope dekade of twee, waar die VSA bereid was om die vernietiging van pro-Westerse nasies te steun omdat dit kwansuis in sy globale belang was, kan voortaan weer en weer gebeur.

 Veronderstel daar kom 'n konflik tussen Indië en Italië, byvoorbeeld. In so 'n geval gaan die koue multikulturele hart van Amerika afsydig staan teenoor die geboorteplek van die Westerse renaissance met sy kunsskatte en eeue oue kultuur en eerder Indië, 'n groter mark met meer mense, steun.

 Omdat Amerika opgehou het om 'n Westerse land te wees, het hy geen vriende meer nie, net belange.

 Maar ons weet maar te goed dat die res van die wêreld, buitekant die dekadente Weste in die vorm van Amerika en Wes-Europa, nog glad nie sy waardes afgesweer het nie. Moslems sal sterf of ander doodmaak vir hul godsdiens, Japan sal geen immigrante toelaat nie en die meeste Afrikalande sal aanhou om diskriminerende maatreëls teen blankes te handhaaf, selfs al verteenwoordig sulke blankes hul eie burgers.

 Terwyl Amerika gehensop het in Huntington se beskawingsbotsing, duur hierdie konflik eenvoudig elders ter wêreld, soos veral ook tussen die Israeli's en Palestyne, onverpoos voort.

 Vanweë sy omhelsing van postmoderne identiteitloosheid met sy halfbloedprins vir president, het Amerika nie net 'n gevaar vir homself geword nie, maar ook vir alle Westerse lande en nasies wat voortaan, anders tydens die koue oorlog byvoorbeeld, glad nie op Amerikaanse steun sal kan reken nie. Trouens, NAVO kan maar net sowel ontbind, want dit het geen sin meer om 'n Westerse verdedigingsalliansie in stand te hou terwyl die Weste as sodanig opgehou het om te bestaan nie.

 Een van die mees onheilspellende aspekte van onlangse Amerikaanse beleid is die "nuwe koue oorlog" teenoor Rusland. Oor die afgelope dekade of meer is sowel die Amerikaanse regering as liberale drukgroepe soos George Soros se Open Society Foundation besig om die state rondom Rusland in die naam van "demokrasie" te destabiliseer.

 Onlangs het ek 'n boek deur 'n Britse skrywer met die titel "Soviet nationalities policy in practice" gelees, asook 'n baie insiggewende gesprek met 'n Russiese diplomaat oor Abkasië en Suid-Ossettië gehad. Die ou Sowjetunie het uit iets soos 138 nasionaliteite bestaan. Daardie komplekse etniese en nasionale tapisserie het nie met die ondergang van die Sowjetryk verdwyn nie, inteendeel. In elke onafhanklike staat wat ná 1989 tot stand gekom het, bestaan daar ook beduidende etniese minderhede.

 In Georgië het Amerika daardie etniese kompleksiteit uitgebuit ten einde die twee pro-Russiese minderheidsgroepe, die Abkasiërs en Suid-Ossetiërs deur die Georgiërs te laat oorheers. Dit is min of meer 'n herhaling van wat in Suid-Afrika gebeur het, waar die VSA en Brittanje die destyds pro-Westerse Afrikanervolk in 'n nuwe bestel ingedwing het waarin hulle oorheers en op die duur vernietig gaan word.

 Die VSA is voortaan 'n reus sonder vriende wat bereid is om op diegene te trap wat nie 'n simplistiese, multikulturele en "diverse" globalisme ondersteun nie. Rusland is nie langer die ideologiese vyand van Amerika nie, maar omdat die land, anders as byvoorbeeld die toenemend multikulturele en identiteitlose Wes-Europese state, oor 'n sterk onafhanklikheidsin en nasionale identiteit beskik, beskou die VSA hom steeds in 'n sterk vyandige lig.

 Oor die afgelope jare was daar 'n gulde geleentheid om die historiese vyandigheid tussen Amerika en Ruslang te besleg en sodoende 'n nuwe wêreldvrede gegrond op die gesamentlike mag van die twee ou koueoorlogvyande en grootste kernmoondhede te skep. Amerika het egter doelbewus Rusland se uitgestrekte hand van vriendskap weggeklap en gaan voort met 'n beleid van ondermyning en kwalik bedekte vyandskap teen Moskou.

 Dit wil voorkom asof Pole, vanweë sy status as bufferstaat tussen Rusland en Wes-Europa, 'n spesiale plek in die Amerikaanse magspel in Europa beklee. Vanuit Pole gaan die VSA poog om die Rusland as volkstaat te ondermyn en tot die nuwe religie van multikulturalisme en identiteitloosheid oor te haal.

 Iets wat Afrikaners vir 'n lang tyd nie kon verstaan nie, is waarom die VSA wat in mentaliteit, godsdiens en kultuur so naby aan ons is, juis ons grootste vyand kon word. Danksy Amerika word ons vandag deur die verskriklike, rassistiese en terroristiese ANC regeer. Dat ons in ons duisende jaarliks vermoor, verkrag en gemartel word en daar elke dag teen ons op grond van ras en taal gediskrimineer word, skeel die waardelose Amerikaanse regering geen duit nie.

 Wat blanke en Westerse Amerikaners moet besef, is dat hulle tans meedoen aan die aftakeling en uiteindelike vernietiging van die Europese beskawing. Obama is reeds die magtigste nie-Westerling in die geskiedenis. Amerika het reeds gekantel na die anti-Westerse en anti-Europese kant in Huntington se beskawingsbotsing. Trouens, vele van die probleme van Wes-Europa rondom immigrasie en verwarring rondom die lande se nasionale identiteite is te wyte aan Amerikaanse invloed. Pleks daarvan dat Europese lande hul eie nasionale kulture 'n eie benadering teenoor globalisering en immigrasie ontwikkel, is hulle besig om die Amerikaanse ideologie van diversiteit en multikulturalisme sito-sito oor te neem.

 Ironies genoeg het Amerika die rol van die ou Sowjetunie as uitvoerder van 'n totalitêre ideologie oorgeneem. Pleks van klassegelykheid wat tot die nuwe utopie moes lei onder kommunisme, moet rassegelykheid en kulturele relatiwisme ons nou die hemel op aarde laat beërwe.

 Die messiaanse bewondering vir Obama in die Europese media voorspel niks goeds nie. Dit wil lyk asof Europa hoegenaamd nie in staat is om vir homself te dink nie en so in die ban van Amerikaanse idees rondom ras en diversiteit verkeer dat regstellende aksie binnekort ook op die ou kontinent toegepas gaan word. Want het Obama self nie ook die hoogste sport bereik danksy regstellende aksie iewers in sy loopbaan nie? Al was dit dan net die feit dat hy maklik toegang tot die Harvardse regsfakulteit gekry het.

 Ekonome het dit al tot vervelens toe herhaal, maar die krag van Amerika is, benewens sy groot mark van 300 miljoen mense, gebou op entrepreneurskap en individuele verantwoordelikheid, anders as die aantal sosialistiese en semi-sosialistiese stelsels van Europa met hul burokrasieë, gebrek aan sosiale mobiliteit en verlammende regulasies.

 Obama gaan vir seker, te midde van die huidige ekonomiese krisis, die Amerikaanse welvaartstaat uitbrei om veral sy eie gemeenskap, die swart Amerikaners, terwille te wees. Ekonomies gaan Amerika dus kwyn op dieselfde oomblik as wat hy toenemend by buitelandse oorloë betrokke gaan raak om sy invloed in die wêreld te probeer handhaaf.

 'n Hele paar skrywers het al gewys op die ooreenkoms tussen die huidige Amerikaanse ondergang en dié van die Britse ryk tydens en ná die Eerste Wêreldoorlog. Die VSA gaan homself militêr en strategies ooreis op dieselfde oomblik as wat hy ekonomies agteruitgaan.

 Hopelik sal die Republikeinse Party die sin daarvan begin insin om die blanke Amerikaners rondom hul tradisionele waardes te monster sodat die Obama-tydvak nie te lank duur nie.

Wat ons situasie in Suid-Afrika betref, is die VSA nou waarskynlik meer as ooit kop in een mus met die ANC, hoewel die ANC self hom natuurlik geensins aan Amerika verbonde voel nie en eerder 'n vriend van China en Indië wil wees.

Saam met die kleiner volkere op die Europese vasteland waar die Amerikaanse model van globalistiese, identiteitlose verbruikerisme ook veld wen, het ons veel te vrees van die VSA wat, anders as Woodrow Wilson in 1920, nie meer die reg op nasionale selfbeskikking erken nie.

Terwyl Amerika gedurende die twintigste eeu hom daarop geroem het dat hy die beskermheer van vryheid was, het die land nou die kampvergter vir multikulturalisme en anti-Westerse onvryheid geword.

развивающийся ковриклобановский александр фото

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.