VSA stel sanksies in teen LRA

Deel op

Amerika het vandeesweek aangekondig dat sanksies teen die seuns van Joseph Kony, leier van die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) se Lord’s Resistance Army (LRA) ingestel is.

Die Amerikaanse tesourie sê Salim en Ali Kony is geteiken omdat hulle namens die LRA en hul pa optree, het AFP berig.

Dit volg nadat sanksies in Maart teen Kony senior ingestel is omdat hy burgerlikes in die Sentraal-Afrikaanse Republiek teiken deur opdrag vir dade van geweld en ontvoering te gee en verantwoordelik is dat duisende mense haweloos gelaat is.

Die LRA, wat in 1987 vir die eerste keer in die noorde van Uganda na vore getree het, het ‘n vreesaanjaende reputasie verwerf vir barbaarse aktiwiteite in die noorde van Uganda, Suid-Soedan, die Demokratiese Republiek van Kongo en SAR.

Die groep het meer as 100 000 mense vermoor, meer as 60 000 kinders ontvoer en baie van hulle gedwing om kindersoldate te word, sê die Verenigde Nasies.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.